Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kouefront kan Donderdag reën vir Wes- en O-Kaap bring

’n Kouefront sal die Wes-Kaap na verwagting Donderdagaand bereik en nog reën word die naweek oor groot dele van die Wes- en Oos-Kaap verwag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Donderdag is daar ’n 30%-kans op reën in die Suidwes-Kaap, insluitend Kaapstad, en ’n kans van 30% op reën en donderweer oor enkele dele van die Oos-Kaap.

Daar is Vrydag ’n 60% -kans op reën oor die grootste deel van die Wes-Kaap asook ’n kans van tussen 30% en 60% op reën en donderweer in die Oos-Kaap.

Teen Saterdag is daar ook ’n 30%-kans op reën oor die Suidwes-Kaap en ’n 60%-kans in die Suid-Kaap en Karoo, sowel as in die Oos-Kaap.

Maandag om 08:00 is reeds 14 mm reën in die voorafgaande 24 uur by die Molteno-reservoir in Kaapstad gemeet asook 13 mm in Jonkershoek en Kirstenbosch.

Op Hermanus is 9 mm gemeet, sowel as 8 mm in Franschhoek en Elim.

Daarby is 6 mm op die Bellville-gholfbaan, 4 mm in die Strand en Struisbaai, 3 mm in Grabouw en Kaap Agulhas en 2 mm in die Paarl en Atlantis gemeet.

Teen Vrydag is daar ’n kans van 60% op reënbuie in Kaapstad, Hermanus, die Paarl, Malmesbury, Langebaan, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal, Mosselbaai, George, Worcester, Oudtshoorn en Ceres.

Daar is ook ’n 60%-kans op reën in Vredendal, Clanwilliam en Redelinghuys, sowel as ’n kans van 30% op reënbuie in Beaufort-Wes en Plettenbergbaai.

In die Oos-Kaap is daar ’n kans van 30% op reën en donderweer in Oos-Londen, Port St. Johns, Bhisho, Fort Beaufort, Mthatha, Cradock en Queenstown.

In die Oos-Kaap is daar ’n 60%-kans op reën en donderweer in Port St. Johns en Mthatha, en 30%-kans in Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred, Oos-Londen, Joubertina, Graaff-Reinet, Grahamstad, Bhisho, Fort Beaufort, Cradock en Queenstown.

Saterdag is daar ’n kans van 60% op reënbuie in Riversdal, Mosselbaai, George, Worcester, Beaufort-Wes, Oudtshoorn en Ceres, met ’n kans van 60% op reën en donderweer in Plettenbergbaai.

In Kaapstad, Hermanus, die Paarl, Grabouw, Kaap Agulhas, Malmesbury, Langebaan, Redelinghuys, Clanwilliam en Vredendal is daar ’n kans van 30% op reënbuie.

In die Oos-Kaap is daar ’n kans van 60% op reën en donderweer in Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred, Oos-Londen, Port St. Johns, Joubertina, Grahamstad, Bhisho, Fort Beaufort en Mthatha.

Daar is ook ’n kans van 30% op reën en donderweer in Graaff-Reinet, Cradock en Queenstown.

Teen Woensdag bring bewolkte weer ook ’n kans van 30% op reënbuie in die oggend in Port Alfred, Oos-Londen, Grahamstad, Bhisho, Fort Beaufort en Mthatha.

Donderdag is daar ook ’n kans van 30% op reën in Kaapstad, Hermanus, Grabouw, die Paarl, Malmesbury, Langebaan en Kaap Agulhas.

In die Oos-Kaap is daar ’n kans van 30% op reën en donderweer in Oos-Londen, Port St. Johns, Bhisho, Fort Beaufort, Mthatha, Cradock en Queenstown.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.