Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kovsie-kaptein ‘oukei’ ná hokkiebal haar in gesig tref

Die kaptein van Kovsies se hokkiespan sal sowat ’n maand buite aksie wees nadat sy Maandag in ’n wedstryd teen die Pukke deur ’n bal in die gesig getref is.

Shindré-Lee Simmons

Shindré-Lee Simmons (22) is Maandagaand in die halfeindstryd van die Varsitybeker-hokkiereeks by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom beseer. Die Pukke het Kovsies met 5-4 geklop.

Simmons, ’n vierdejaarstudent in sake-administrasie aan die Universiteit van die Vrystaat, het drie steke gekry en haar linkeroog is heeltemal toegeswel.

“Behalwe dat ek sowat ’n maand lank nie sal kan speel nie, gaan dit oukei. Die pyn is by tye erg en ek kan niks sien met my linkeroog nie.”

Volgens dié middelveldspeler het sy dadelik uitstekende mediese hulp langs die veld ontvang.

Sy was Dinsdagoggend saam met die res van die span op pad terug na Bloemfontein.

Die Pukke pak Maties op 20 Mei in Stellenbosch in die eindstryd van die reeks.

Meer oor:  Pukke  |  Maties  |  Kovsies  |  Shindré-Lee Simmons  |  Hokkie  |  Hokkiebal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.