Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kraaie gaap tot Donderdag in Wes-Kaap

’n Hittegolf word tot Donderdag oor die grootste deel van die Wes-Kaap verwag, sowel as oor die sentrale binneland van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag ook uiters warm weer Dinsdag in Prins Albert en Oudtshoorn in die Karoo en Redelinghuys aan die Weskus.

’n Hittegolf word tot Donderdag oor die grootste deel van die Wes-Kaap verwag. Foto: Reuters

Temperature bo 30 °C word Dinsdag oor die grootste deel van die Wes-Kaap verwag, asook op plekke in die Oos-Kaap en westelike dele van die Noord-Kaap.

Die kwik kan tot 40 °C in Redelinghuys styg en 39 °C in Clanwilliam.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 33 °C en ’n suidwestewind van tot 30 km/h voorspel. Vir George word ’n maksimum van 32 °C en ’n suidoostewind van tot 20 km/h voorspel.

Maksimums bo 35 °C word ook verwag in die Paarl, Worcester en Laingsburg (38 °C), Malmesbury, Ceres en Beaufort-Wes (37 °C) en Vredendal en Riversdal (36 °C).

In die Noord-Kaap kan die kwik tot 38 °C styg in Calvinia en 33 °C in Springbok en Sutherland.

In die Oos-Kaap word ’n maksimum van 35 °C in Graaff-Reinet en Cradock verwag, met 34 °C in Queenstown en Fort Beaufort.

Teen Woensdag word ’n maksimum van 43 °C vir Clanwilliam voorspel en 38 °C vir die Paarl, Worcester, Ceres, Beaufort-Wes en Redelinghuys.

In Kaapstad word ’n maksimum van 29 °C verwag en ’n suidoostewind van tot 40 km/h. In George word ook ’n maksimum van 29 °C verwag en ’n suidoostewind van tot 20 km/h.

Vir Malmesbury en Oudtshoorn word ’n maksimum van 37 °C en 35 °C vir Vredendal voorspel.

Die kwik kan tot 40 °C in Calvinia styg, sowel as 36 °C in Sutherland en 35 °C in Springbok.

In die Oos-Kaap word ’n maksimum van 37 °C in Graaff-Reinet en Cradock, met 36 °C in Fort Beaufort en Queenstown verwag.

Donderdag kan die temperatuur ook tot 44 °C in Clanwilliam styg, sowel as 41 °C in Worcester en 40 °C in die Paarl en Beaufort-Wes.

’n Maksimum van 30 °C word vir Kaapstad voorspel en ’n suidewind van tot 30 km/h. Vir George word ’n maksimum van 31 °C en ’n suidoostewind van tot 30 km/h voorspel.

’n Maksimum van 39 °C word ook in Ceres en Oudtshoorn en 38 °C in Malmesbury en Redelinghuys verwag.

In Vredendal en Riversdal word ’n maksimum van 35 °C verwag.

In Calvinia kan die kwik tot 39 °C styg, met 36 °C in Sutherland en 35 °C in Springbok.

In die Oos-Kaap word ’n maksimum van 38 °C in Graaff-Reinet en Cradock verwag, sowel as 37 °C in Queenstown en 36 °C in Fort Beaufort.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Wes-Kaap  |  Hittegolf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.