Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Krag dalk eers die naweek in Vanderbijlpark herstel

Herstelwerk aan ’n substasie in Vanderbijlpark wat Dinsdag in ’n brand vernietig is, sal tot minstens die naweek duur.

Stanley Gaba, woordvoerder van die Emfuleni-munisipaliteit, het Woensdag by navraag gesê die kragtoevoer aan groot dele van Vanderbijlpark sal op die vroegste Vrydagmiddag en op die laatste Saterdagoggend herstel wees.

Die gebiede wat geraak word, is onder meer Stephanopark, Bonanne, Bophelong en die Vanderbijlpark-watertoring.

Hy sê die substasie het in die brand ontplof.

“Tegnici het vasgestel dat die brand vermoedelik deur ’n foutiewe toevoerkabel veroorsaak is wat die stroombreker en die transformator opgeblaas het.”

Gaba vra dat die inwoners en ondernemings wat geraak word, geduldig bly. “Die munisipaliteit werk hard om die kragtoevoer te herstel.”

Hy sê sommige reservoirs word ook deur die kragonderbreking geraak en daar kan dus ook watertekorte voorkom.

“Inwoners word aangeraai om water spaarsamig te gebruik.”

’n Ondersoek sal bepaal wat die oorsaak van die brand was.

Klippies Kritzinger, uitvoerende lid van die Golden Triangle Chamber of Commerce, die plaaslike sakekamer, sê die kragonderbreking het ’n enorme impak op plaaslike ondernemings en die gemeenskap as ’n geheel.

“Die armste van die armes word deur die onderbreking geraak. Ons meen dat tot 200 000 mense en 150 ondernemings onder die kragonderbreking ly.”

Hy sê talle ondernemings moet kragopwekkers gebruik, wat verdere kostes vir hulle meebring.

“As dit te lank neem vir die kragtoevoer om herstel te word, sal sommige sake-eienaars hul personeel met verlof moet stuur.”

Meer oor:  Emfuleni-Munisipaliteit  |  Vanderbijlpark  |  Substasie  |  Krag  |  Ontploffing  |  Herstelwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.