Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kragdrade in boom steeds ’n probleem

Meer as twee weke nadat ’n seun geskok is in ’n boom wat oor Eskom-kragdrade groei, wag die grondeienaar steeds dat die kragvoorsiener iets aan die situasie doen.

Die voorval het op 17 Junie op die Kleinrivier-plaas naby Hankey in die Oos-Kaap gebeur toe ’n 10-jarige seun in die boom geklim het. Hy is geskok toe hy aan die kragdrade geraak het en het uit die boom geval.

Boomtakke groei oor die kraglyne op Kleinrivier-plaas naby Hankey. Foto: Verskaf

Die seun, wat tans in die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth vir brandwonde behandel word, kon nie sy een arm en been beweeg nie.

Die eienaar van die plaas, Marius Kleyn, sê hy is bang dat dit weer kan gebeur, maar Eskom doen niks om dit te voorkom nie.

“Eskom was kort ná die voorval hier, maar hulle het net gesê hulle het nie nou die hulpbronne om die (krag)lyne skoon te maak nie,” sê Kleyn.

Zama Mpondwana, Eskom-woordvoerder, het bevestig dat Kleyn die voorval aangemeld het ’n dag nadat dit gebeur het. Volgens hom ondersoek Eskom die voorval.

“Ons bevestig dat Eskom die toneel as deel van die ondersoek besoek het.”

Mpondwana het egter ontken dat Eskom nie genoeg hulpbronne of personeel het om bome wat oor die kraglyne groei te verwyder nie.

Hy het gesê Eskom sal “binnekort” aandag gee aan die probleem, maar hy het ondanks navrae geen spesifieke tydraamwerk daaraan gekoppel nie.

Nog kragdrade wat tussen die boomtakke op Kleinrivier-plaas naby Hankey hang. Foto: Verskaf
Meer oor:  Oos-Kaap  |  Hankey  |  Boom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.