
Die motor wat getref is toe ’n kragpaal omgeval het. Foto: Verskaf
Verkeer op die R21 wat Johannesburg en Pretoria met mekaar verbind, is Sondagmiddag tot stilstand gedwing nadat oorhoofse elektriese kabels op die pad beland het.
Eric Maloka, woordvoerder van die Ekhurhuleni-nooddienste, sê ’n veldbrand langs die pad het die kabels op die pad laat beland.
“Die brandweer is omstreeks 15:00 na die veldbrand ontbied. Met hul aankoms daar het die brand aan albei kante van die pad gewoed. Kragkabels het op die pad gelê nadat ’n paal omgeval het.
“Die paal het ’n motor getref, maar die bestuurder is nie beseer nie. Die verkeer in albei rigtings is ontwrig.”
Toe Maloka Sondagaand met Netwerk24 gepraat het, was die kabels steeds op die pad.
“Ons wag vir Eskom om die kabels te verwyder.”

Die paal wat omgeval het in ’n veldbrand langs die R21 aan die Oos-Rand. Foto: Verskaf