Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kragkrisis saai chaos in Jhb

Grootskaalse kragonderbrekings in woonbuurte in die noorde van Johannesburg en dele van Midrand het Maandag tot wydverspreide chaos gelei.

Sakeondernemings moes vroeër sluit en talle verkeersligte was buite werking, wat tot groot verkeersknope gelei het.

Volgens Isaac Mangena, woordvoerder by City Power, het beurtkrag tot dié grootskaalse kragonderbreking gelei. “ ’n Hoëspanningskragdraad van Eskom, wat die meeste van sy substasies in die noorde van Johannesburg voer, het uitgeskop. Die rede hiervoor was die skielike toename in kragverbruik ná beurtkrag wat toegepas is en wat die stelsel oorlaai het. Die verouderde infrastruktuur in dié gebiede speel ook ’n rol. Eskom en City Power se tegnici werk tans daaraan om die krag te herstel.”

Andrew Etzinger, senior bestuurder van opwekking by Eskom, sê verskeie faktore het tot die toepassing van fase 4-beurtkrag Maandag en die res van die week aanleiding gegee.

Mangena het namens die stad om verskoning gevra vir die ongerief en het onderneem dat die dienste so gou moontlik herstel sal word. Inwoners van Strydompark, Bromhof, Ferndale, Kensington, Bryanston, Bordeaux, Beverley Gardens, Windsor, Cresta, Linden, Kelland, Blairgowrie, Randparkrif, Malanshof, Robindale, Fontainebleau en Noordwyk is Maandag sonder krag gelaat.

Talle inwoners van dié woonbuurte het hulself tot sosiale media gewend om hul lot te bekla.

Mangena kon nie presies sê hoe lank die kragonderbreking in dié gebiede gaan voortduur nie. “Die elektrisiteit sal woonbuurt vir woonbuurt herstel word. Inwoners moet tydens die onderbrekings asseblief alle drade en kragpunte as lewendig beskou aangesien die elektrisiteitstoevoer enige tyd sonder waarskuwing aangeskakel kan word.”

Sputnik Ratau, woordvoerder vir die departement van water en sanitasie, het by navraag gesê dat in die geval van kragonderbrekings noodreserwekrag gebruik sal word vir die voorsiening van water. “Die suiwering van water word nie direk geraak nie omdat dit na die reservoirs gelei word, maar ’n kragonderbreking wat voortduur kan katastrofies wees, want dan moet diesel gebruik word wat koste beïnvloed,” sê Ratau.

Andrew Etzinger, senior bestuurder van opwekking by Eskom, sê verskeie faktore het tot die toepassing van fase 4-beurtkrag Maandag en die res van die week aanleiding gegee. Eskom se dieselreserwes is uitgeput en met agt opwekkingseenhede by steenkoolkragsentrales buite werking, moes water gepomp word om die damvlakke vir hidroëlektriese opwekkers aan te vul. Die sikloon Idai het ook die kragtoevoer vanuit Mosambiek afgesny en ’n verdere tekort aan kapasiteit veroorsaak. Die sikloon wat Mosambiek Vrydag getref het, het die twee kraglyne wat 1 150 megawatt van die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema aan Suid-Afrika verskaf, afgesny. Volgens Etzinger gaan fase 4-beurtkrag waarskynlik tot Donderdag voortduur.

* Mense wat hul elektrisiteit regstreeks by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste kry, of deur 0860 037 566 te skakel.

* Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir die skedules besoek.

Meer oor:  City Power  |  Eskom  |  Johannesburg  |  Midrand  |  Verkeersknope  |  Beurtkrag  |  Kragkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.