Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Krans van blomme ná skoolseun (13) se skietdood

Leerlinge van die Hoërskool Stellenbosch het Donderdag hul medelye met leerlinge en onderwysers van die Laerskool Stellenbosch met die dood van een van dié skool se leerlinge betoon deur blomme om die skool se fontein te plaas.

Michal Roux Foto: Facebook

Michal Roux (13) is Dinsdagoggend kort ná 08:00 deur sy ma, Ingrid Roux, in die studeerkamer van hul huis in Mostertsdrift, Stellenbosch, met ’n skietwond in sy gesig gevind.

Michal was ’n gr. 7-leerling van die Laerskool Stellenbosch. Die skool het kort nadat hulle die nuus van Michal se dood gekry het, alle sportwedstryde teen ander skole afgelas.

Hawkie de Villiers, skoolhoof, het Woensdag gesê die skool en sy personeel het met groot skok en hartseer verneem van die dood van een van sy leerlinge.

“Ons gedagtes, gebede en innige simpatie is met die Roux-gesin in hierdie baie moeilike omstandighede.

“Dit is vir ons ’n geweldige slag wat ons skoolgemeenskap baie diep raak. Ons leerlinge het reeds Dinsdagoggend berading gekry, wat Woensdag opgevolg is met verdere traumaberading vir ons leerlinge en onderwysers. Ons moedig ook ons leerlinge aan om gebruik te maak van die opvolgberading wat beskikbaar is.”

Hy het ’n beroep op die skool en die gemeenskap van Stellenbosch gedoen om die gesin se privaatheid in hierdie tyd te respekteer.

Die skool het op sy Facebook-blad foto’s van Michal in sy skooluniform geplaas. Huldeblyke en boodskappe ter ondersteuning vir die gesin het ook op dié blad ingestroom.

’n Gedenkdiens vir Michal vind Maandag om 15:00 in die NG Moederkerk op Stellenbosch plaas.

Leerlinge en onderwysers van die Hoërskool Stellenbosch plaas blomme uit simpatie met die dood van Michal Roux, ’n leerling van die Laerskool Stellenbosch, rondom die skool se fontein. Foto: Verskaf
Leerlinge en onderwysers van die Hoërskool Stellenbosch wat Donderdag die Laerskool Stellenbosch besoek het en blomme rondom die fontein geplaas het. Foto: Facebook
Die blomme rondom die Laerskool Stellenbosch se fontein. Foto: Facebook

Meer oor:  Michal Roux  |  Stellenbosch  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.