Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kringtelevisie verklap niks oor hoe slang in laai kom
Die Kaapse kobra in Johan (Gerrie) Germeshuizen se lessenaarlaai. Foto: Verskaf

Kringtelevisiemateriaal van ’n onderneming in Graaff-Reinet bied geen leidrade van hoe ’n Kaapse kobra in ’n lessenaar in die onderneming beland het nie.

Die slang waarna daar op die kringtelevisiemateriaal gesoek is, het die sakeman Johan (Gerrie) Germeshuizen (63) verlede week aan sy vinger gepik toe hy sy hand by die lessenaar se laai insteek.

Thelina Geater, Germeshuizen se suster, het die onderneming se beeldmateriaal gefynkam om te sien hoe die slang in die gebou ingekom het, maar sonder sukses.

Germeshuizen is vandeesweek in die Life Mercantile-hospitaal in Port Elizabeth uit die waakeenheid na ’n gewone saal oorgeplaas.

Die dokters was tot onlangs toe nog onseker hoe lank hy in die waakeenheid sou bly.

“Hy is af van die asemhalingsmasjien en die suurstof. Dit is nou maar babatreë. Hy is baie swak en het met fisioterapie begin,” sê Geater.

Germeshuizen het ook Woensdag ’n entjie gestap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.