Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Krisis’ oor 2 van SA in China

Die groep onderwysers wat maande lank in China vasgekeer was, is besorg oor die twee lede van hul groep wat steeds in China aangehou word.

Charl Venter, woordvoerder van die onderwysers wat in China vasgekeer was, sê ’n ondersoek deur die Chinese owerhede is nog aan die gang na die twee studente wat in hegtenis geneem is.

“In hierdie stadium dra ons nog nie kennis van enige klagte wat teen hulle aanhangig gemaak is nie. Al inligting wat ons het, is dat hulle ‘aktief ondersoek word’.

“Dis vir ons ’n krisis, want ons kry nie antwoorde uit China oor wat die volgende proses is, of hoe die Chinese wetgewing werk nie,” sê Venter.

Reginah Mhaule, adjunk-minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

“Hulle is nou amptelik in ’n plek van aanhouding terwyl die ondersoek teen hulle aan die gang is.

“Ons het geen kommunikasie met die twee nie. Ons word nie toegelaat om met hulle te praat nie.

“Ons het al mense in China gevra om met die owerhede te gaan praat, maar dié sê omdat dit nog in ’n ondersoekfase is, word geen inligting bekend gemaak nie.

“Dit voel asof ons in ’n muur vasloop. Dinge moet nou begin gebeur.

“Hulle is al twee weke in aanhouding en ons soek nou antwoorde, sê Venter.

Reginah Mhaule, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdag gesê Suid-Afrika sal sonder ophou deur die amptelike diplomatieke kanale met China praat oor die twee Suid-Afrikaners wat in dié land aangehou word. Suid-Afrika kan egter nie inmeng in China se regsprosesse nie.

Die twee Suid-Afrikaners was deel van ’n groep van 51 wat maande lank in China gestrand was en onlangs na Suid-Afrika teruggekeer het.

Die groep jong mense se paspoorte is afgeneem nadat die agent wat hul tussenganger met voornemende werknemers in China was, weens bedrog in hegtenis geneem is.

Die Chinese owerheid wou die Suid-Afrikaners roep om te getuig in die verhoor van Owen Wong, die agent.

Wong het die Suid-Afrikaners deur die agentskap Sanda Youth International gewerf om in China te gaan Engels gee.

Die name van die twee Suid-Afrikaners, wat daarvan verdink word dat hulle gehelp het met die werwing van die onderwysers, is nie bekend nie.

Venter was vol lof vir die rol wat die departement van internasionale betrekkinge en samewerking gespeel het om die jong Suid-Afrikaners vrygelaat te kry.

Meer oor:  Reginah Mhaule  |  China  |  Onderwysers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.