Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Krokodil geskiet nadat meisie (15) aangeval is
Die krokodil wat Dinsdagmiddag glo in Swartruggens gevang en doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Amptenare van Noordwes se departement natuurbewaring het Dinsdagmiddag glo ’n krokodil gevang in die omgewing waar die 15-jarige Hesmarie van Loggerenberg ’n week gelede ’n krokodilaanval oorleef het.

Volgens plaaslike inwoners is die krokodil ’n ent af in die Elandsrivier in Swartruggens van waar Hesmarie gegryp is, gevang. Die krokodil is blykbaar doodgeskiet. Foto’s van die dier se oopgesperde bek en waar hy op ’n bakkie lê, is op plaaslike WhatsApp-groepe versprei. Dis nie seker of dit dié krokodil was wat Hesmarie aangeval het nie omdat inwoners al ’n geruime tyd ’n paar krokodille in die omgewing opmerk.

Dumisa Seshabela, woordvoerder vir Noordwes se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake, bewaring en toerisme, kon die vangs vroeg Dinsdagaand nie dadelik bevestig nie. Sy het gesê sy sal reageer sodra sy terugvoer van amptenare op die toneel gekry het.

Die departement het sedert die aanval op Hesmarie amptenare na Swartruggens gestuur om na die krokodil wat Hesmarie aangeval het, asook ander krokodille, te soek. Inwoners bespiegel die krokodille wat normaalweg nie in die rivier voorkom nie, het vroeër uit ’n krokodilplaas in die omgewing waar nylkrokodille aangehou is, ontsnap.

Seshabela het gesê die departement ondersoek nog waar die krokodil/le vandaan kom.

Intussen herstel die wonde goed wat Hesmarie aan veral haar linkerbeen opgedoen het, waar die krokodil stukke vleis uitgeskeur het.

Die krokodil het haar in ’n swemgat in die Elandsrivier gegryp nadat sy op hom getrap het. Hy het probeer om haar onder die water in te trek, maar sy het hom geskop, terwyl mans in die omgewing saamgewerk het om haar uit die water te trek. Die krokodil het eindelik gelos en Hesmarie het lewend uit die water gekom. Sy is Maandag uit die Job Shimankana Tabane provinsiale hospitaal in Rustenburg ontslaan nadat sy steke en infeksie-behandeling vir die wonde gekry het.

Die krokodil wat amptenare van die departement van natuurbewaring in Noordwes glo Dinsdagmiddag gevang en doodgeskiet het.Foto: Verskaf
Hesmarie van Loggerenberg
Hesmarie van Loggerenberg Maandagmiddag in Swartruggens, Noordwes. Sy is Maandag uit die Job Shimankana Tabane provinsiale hospitaal in Rustenburg ontslaan, nadat ‘n krokodil haar verlede Woensdag byna opgevreet het. Foto: Susan van Loggerenberg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.