Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kroonstad se ‘diere-engel’ sterf in motorongeluk

Die dood van ’n geliefde haarkapper en diereliefhebber in ’n motorongeluk in Kroonstad nadat sy haar jongste seun by die skool gaan haal het, is ’n groot skok vir die plaaslike gemeenskap.

Retha de Carvalho (45) is Woensdagmiddag op slag dood toe sy Taiden (12) by die skool gaan oplaai het en hulle in ’n botsing met ’n ander voertuig betrokke was, het André Fourie, haar broer, gesê.

Volgens Fourie het Taiden ligte beserings, onder meer ’n sny aan sy voet en skraapwonde, opgedoen. Hy is aanvanklik na die hospitaal geneem, maar herstel sedertdien by die huis. Hy is Donderdagoggend weer dokter toe.

Retha de Carvalho (45) was veral vir haar liefde vir diere bekend. Foto: Eloise Hoffman/Facebook

De Carvalho het saam met haar man, Paulo, ’n haarsalon besit en sy het ook by die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) gewerk. Die egpaar het ook ’n 23-jarige seun, Triston.

Paulo het gesê hy het nie genoeg woorde om haar te beskryf nie. “Sy was ons Retha, ons rots, en sy was net te mooi vir die lelike, gebroke wêreld waarin ons woon.”

Sy is in Kroonstad gebore en getoë.

Retha de Carvalho Foto: Verskaf

Haar liefde vir honde is die kenmerk wat vir haar broer die sterkste na vore kom.

“Haar hart was baie groot, veral vir diere, veral honde,” het hy gesê.

Eloise Hoffman, ’n vriendin van De Carvalho, skryf in ’n huldeblyk op Facebook dat Kroonstad sy grootste diere-engel en dierkryger verloor het.

“Ek het nog nie ’n mens teëgekom wat so lief was vir diere nie.”

Reëlings vir ’n diens is nog nie bekend nie.

Meer oor:  Kroonstad  |  Motorongeluk  |  Haarkapper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.