Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kry nou ‘vesel-internet’ deur die lug

As jou woonbuurt nog nie optieseveselkabels het nie, kan jy nou breëbandinternet deur die lug kry teen ’n spoed soortgelyk aan dié van vesel, mits jy binne 15 km van ’n selfoontoring woon.

’n Span van MTN Supersonic installeer die toestel op ’n huis se dak vir ’n mobiele internetverbinding.

MTN Supersonic, die selfoonreus se internetdiensverskaffer, het ’n nuwe mobiele internetdiens, Air­fibre, bekend gestel. Dit werk met ’n A4-grootte toestel op jou dak wat kommunikeer met ’n lugdraad wat op die naaste MTN-selfoontoring aangebring is. Die toring moet in ’n radius van 15 km staan.

Calvin Collett, besturende direkteur van MTN Supersonic, het aan Rapport gesê ’n groot voordeel is dat Airfibre baie vinniger geïnstalleer kan word as optieseveselkabels. “Met vesel moet diensverskaffers dikwels gebruiksreg by munisipaliteite kry en die aanlê van die ondergrondse kabels duur ook langer en verg meer arbeid.”

Omdat optiesevesel-internet sover hoofsaaklik in die groot metro’s aangelê word, moet mense daarbuite dikwels tevrede wees met wisselvallige internettoegang. Boonop is die opsies vir onbeperkte data deur middel van mobiele internet baie duurder in vergelyking met vastelyn- of veselinternetopsies.

Die tegnologie vir Airfibre kom van Kalifornië in die VSA waar ’n nuwe metode vir draadlose internet ontwikkel is, sê Collett. Dié maatskappy bestaan al tien jaar, maar die produk is nooit gekommersialiseer nie. “Dit het al die boksies getik. MTN wou iets kry wat soortgelyk is aan vesel, maar draadlose tegnologie is. Dit moes ook konsekwent wees in terme van internetspoed en die prys moes reg wees.”

Met Airfibre vind die data-oordrag plaas via bestaande, oop spektrum-frekwensies wat beteken die diens kan goedkoper verskaf word.

Die intreepakket kos R399 en die internetspoed wissel tussen 5 Mbps (goedkoopste pakket) en 100 Mbps (duurste). Airfibre sal eerste in werking gestel word in Soweto, Mamelodi, Fairland en Honeydew. MTN hoop om 60 000 huishoudings vanjaar nog met die internet te verbind via Airfibre.

Collett sê die ideaal is dat dit uiteindelik drie tot vyf dae duur van die aansoek tot die installering.

Meer oor:  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.