Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kuga: Nuwe brandgevaar

Ford het Dinsdag weer sekere Kuga-voertuie herroep.

Dit is die derde veiligheidsherroeping dié jaar, ná die groot omstredenheid oor Kuga’s wat aan die brand slaan.

Die jongste veiligheidsrisiko behels ook ’n brandrisiko - die keer is daar probleme met die materiaal wat vir isolering naby die voorste sitplekgordels gebruik word.

“In die geval van ’n ongeluk van voor, is daar ’n risiko dat die voertuig aan die brand kan slaan. Die aktivering van die sitplekgordel se meganisme, wat dit laat styf trek wanneer daar ’n ongeluk is, kan moontlik veroorsaak dat die isoleringsmateriaal rondom dit vlamvat,” luidens Ford.

Ford het in Januarie vanjaar 4 556 Kuga 1.6-liter Ecoboost-modelle wat tussen Desember 2012 en Februarie 2014 vervaardig is, herroep.

In Julie het Ford Fase 2 van die herstelprogram aangekondig toe mense gevra is om afsprake by hul handelaars te maak sodat herstelwerk gedoen kon word weens die gevaar dat die enjin aan die brand kan slaan, omdat ’n verlies aan koelmiddel die silinderkop kan kraak.

’n Week ná Fase 2 aangekondig is, het ’n Kuga op die N12 in Jet Park in Boksburg aan die brand geslaan.

Die Kuga-modelle wat nou geraak word deur Dinsdag se herroeping is al die voertuie wat tussen Julie 2012 en Junie 2014 by Ford se fabriek in Valencia in Spanje vervaardig is, ongeag die enjintipe.

Dit is sowat 173 000 voertuie wêreldwyd en 7 219 in Suid-Afrika.

Eienaars word weer gevra om hul naaste handelaar te gaan sien.

“Van die voertuie wat nou geraak word, is ook deur Fase 2 vir Kuga 1.6-modelle geraak. Klante wat nog hul motors vir Fase 2 moet inbring, kan die jongste probleem tegelyktydig laat regmaak,” se Ford SA.

Klante kan Ford se hulplyn by 0800 204 688 / +2712 843 5824 bel of ’n epos stuur na CRC3@ford.com. - Wheels24

Meer oor:  Ford  |  Valencia  |  Spanje  |  Boksburg  |  Herroep  |  Wéér
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.