Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kuier saam met jou vriende in reservaat

’n Gemaklike vier uur se ry. Dit is hoeveel uur dit jou gaan neem om van Gauteng na die Tuli Botswana-wildreservaat se Pride Rock Lodge te ry. Nie net beloof dit om ’n opwindende roadtrip te wees nie, maar die luukse verblyf by die Pride Rock Lodge gaan ’n belewenis wees.

Een gelukkige leser kan danksy Beeld ’n wegbreek vir ses mense van R80 000 by die Tuli Botswana-wildreservaat se Pride Rock Lodge wen.

Die wegbreek kan joune wees, mits jy inskryf vir die kompetisie.

Die kompetisie maak deel uit van die bekendstelling van Beeld se nuwe slagspreuk: My wêreld.

Een gelukkige leser kan ’n eksklusiewe wegbreekkans vir ses volwassenes vir vyf dae by die reservaat wen.

Die waarde van dié luukse wegbreek beloop byna R80 000, wat insluit R9 000 se Shoprite Checkers-geskenkbewyse vir kos en drinkgoed en R6 000 kontant vir ver-voer en doeanekoste.

Motors word by die polisiekantoor by die grens gelos waar Tuli-personeel gaste ontmoet en vervoer tot by Pride Rock, sowat 8 km van die grens. Wanneer gaste by Pride Rock afgelaai word, begin die kuier.

Hoe werk dit?

Om in aanmerking te kom vir die prys, SMS TULI, jou naam en van, e-posadres en waar jy woon na 35986. Elke SMS kos R1,50. Die wenner word op 17 September bekend gemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.