Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Minnie-familie vra Klatzow om sy dood te ondersoek

Mark Minnie se familie het die hulp van ’n top- forensiese kundige, dr. David Klatzow, gekry om sy dood te ondersoek.

Minnie, ’n voormalige speurder van Port Elizabeth en medeskrywer van die opspraakwekkende boek Die seuns van Bird Island, se lyk is Maandagaand op sy vriend se kleinhoewe in Theescombe ontdek.

Sy vriend, Brent Barnes, het die polisie ontbied toe hy op Minnie se lyk op sy roosplaas afgekom het.

Die polisie het ’n vuurwapen langs Minnie se lyk gekry. Minnie het volgens die polisie ’n selfdoodbrief agterlaat.

Dr. David Klatzow, ’n top- forensiese kundige, is deur Mark Minnie se familie aangestel om sy dood te ondersoek. Foto: Facebook

Hoewel die polisie in dié stadium steeds dit as selfdood ondersoek, is Minnie se familie en vriende vasbeslote dat hy nooit sy eie lewe sou neem nie.

Klatzow het aan Netwerk24 bevestig hy is in Port Elizabeth om Minnie se dood te ondersoek.

Hy het Donderdagaand in Port Elizabeth aangekom en gaan sy tande behoorlik in die ondersoek inslaan, het hy by navraag gesê.

Volgens Klatzow ondersoek hy Minnie se dood “in opdrag van sy familie”.

“Ek gaan nie enige verklarings of inligting oor die ondersoek uitreik nie,” sê Klatzow.

Klatzow, met sy ondervinding van meer as 28 jaar as forensiese kundige, het vantevore aan verskeie opspraakwekkende sake gewerk.

Hy was ook betrokke in die ondersoek na die moord op die mynmagnaat Brett Kebble.

Netwerk24 en Tafelberg Uitgewers, wat die boek uitgegee het, is albei deel van Media24.

Meer oor:  Mark Minnie  |  Dood  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.