Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kuns help broer se dood verwerk

’n Matriekleerling van die St. Andrew’s School in Bloemfontein se liefde vir kuns het hom gehelp om die dood van sy broer te verwerk.

Sethu Menye

Sethu Menye (17) het vroeër vanjaar begin skilder en teken nadat sy broer Athi (15) in November aan breinvliesontsteking dood is.

Athi was net drie dae in die hospitaal toe hy op sy 15de verjaardag op 3 November dood is.

Een van Sethu Menye se kunswerke.

Menye sê hy worstel steeds met Athi se dood, maar sy liefde vir kuns help hom om die verlies draagliker te maak. Hy was ná Athi se dood gebroke, emosioneel en geestelik onstabiel.

“Kuns het my gehelp om staande te bly. Dit help my om sy dood vir ’n oomblik te vergeet, maar dit help my ook om deur my verlies te werk.”

Hy sê hy is nie goed daarmee om uiting aan sy emosies te gee nie.

Hy skilder of teken enigiets wat hom inspireer. Hy wil graag deur sy kuns ’n storie vertel en ander mense daarmee inspireer.

Sethu Menye skilder enigiets wat hom inspireer.
Nog ’n kunswerk van Sethu Menye .
Meer oor:  Bloemfontein  |  Kuns  |  Skilder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.