Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kunsuitstalling gedenk SS Mendi

Die 607 swart soldate wat aan boord van die SS Mendi was toe dit in 1917 gesink is, gaan met ’n kunsuitstalling in die Nelson Mandela Metropolitaanse-kunsmuseum in Port Elizabeth vereer word.Foto: Wikimedia.org

’n Kunsuitstalling om die 607 swart soldate te vereer wat in 1917 verdrink het toe die SS Mendi sink, sal Dinsdag in die Nelson Mandela Metropolitaanse-kunsmuseum in Port Elizabeth open.

"Die skip het ’n punt van bespreking geword waarmee Suid-Afrika rakende postapartheid die verlore geskiedenis van swart soldate kan herwin, asook die rol kan beklemtoon wat hierdie mans gedurende die Eerste Wêreldoorlog gespeel het," lui ’n verklaring wat Vrydag deur die museum uitgereik is.

Die skip, ’n troepedraer wat Suid-Afrikaanse soldate na Frankryk vervoer het, het op 21 Februarie 1917 in die Engelse Kanaal naby die Wight-eiland ná ’n botsing met ’n vragstoomskip gesink. Altesaam 646 mense is dood, waarvan die meeste van hulle lede van die Suid-Afrikaanse arbeidskorps was.

Die Mendi-kunsversameling is deur die kunstenaar Hillary Graham oor ’n tydperk van vyf jaar, sedert 1987, voltooi

Die Mendi-kunsversameling genaamd Remembering the SS Mendi is deur die kunstenaar Hillary Graham oor ’n tydperk van vyf jaar, sedert 1987, voltooi. Die versameling, wat meer as 200 sketse behels, is die eerste keer in 1993 gedurende die Nasionale Kunstefees in Grahamstad uitgestal.

"Die reeks kunswerke herroep die tragiese gebeurtenis van die dapper mans van die Vyfde Bataljon van die Suid-Afrikaanse arbeidskorps wat gedurende die vlootramp dood is," lui die museum se verklaring.

Die uitstalling open Dinsdag om 17:30. Graham sal Woensdag twee voorleggings, onderskeidelik om 13:00 en 17:30, aanbied.

– News24.

Meer oor:  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.