Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk: 10 minute – toe is sy hele onderneming weg

“Nee, moenie vir my sterkte sê nie, as ons sterk is, breek ons goed. Bid vir genade,” het Martin (Tienie) van Vuuren Woensdag geskerts, selfs nadat sy hele onderneming, MDM Stainless Steel and Fabrication in Krugersdorp, Maandag deur die tornado weggewaai is.

“Jy hoor hom ook nie kom nie. Dit het geklink soos groot reën en die volgende oomblik toe kom die hael af – ’n korrel pas binne-in jou vuis.”

Van Vuuren sê werknemers en sy twee seuns het gehardloop om die Mercedes met komberse toe te gooi.

“Die volgende oomblik het dit op hulle neergehael en hulle het die komberse om hulle gedraai om die haelkorrels af te weer.”

Marco van Vuuren was in die Isuzu Trooper waarop die muur geval het. Hy het geringe beserings opgedoen. Foto: Verskaf

Van Vuuren se seun Martin (22) sê hy het nog onder ’n kombers agter die Mercedes weggekruip toe een van die ander ondernemings se sinkdak al draaiende verby kom.

“Ek skree toe vir almal hulle moet teruggaan werkswinkel toe. Die volgende oomblik was alles net weg. Jy kon

Merson Gumbo (21) wys hoe hy onder die tafel weggekruip het voor die muur sy arm vasgeval het. Foto: Video-skermgreep

letterlik sien hoe alles wegwaai. Die mure het omgeval en die hele storie was ’n helse lawaai.”

Merson Gumbo (21) sê hy het in die werkswinkel ingehardloop en onder ’n tafel gaan skuil. 'n Muur wat omgeval het, het op sy arm geval. “Ek was bang. Ek het gedink ek gaan doodgaan,” sê Gumbo. “Daar het ek gelê tot hulle my kom uithaal het.”

Martin se tweelingbroer, Marco, het probeer om die Isuzu Trooper in die werkswinkel in te trek, toe val die muur die Trooper plat. “Marco kon betyds uitklim, maar die wind het hom heen en weer gegooi. Hy het seergekry en ons moes hom hospitaal toe vat,” sê sy pa.

Van Vuuren het Dinsdag gesê die tornado het skaars 10 minute geduur. “As ek ’n voorlopige skadeberaming moet doen, sou ek sê hier is niks minder nie as R300 000 se skade.”

MDM Stainless Steel and Fabrication in Krugersdorp nadat die tornado daardeur is. Foto: Verskaf


Meer oor:  Martin Van Vuuren  |  Krugersdorp  |  Orkaan  |  Johannesburg  |  Storms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.