Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: 11-jarige jongste swemmer van Robbeneiland na Blouberg

Haar grootste vrees het Vrydag kort ná 08:00 sommer eerste aan die beurt gekom: bamboes!

Maar Abriella Bredell, wat die swemtog van Robbeneiland tot by Big Bay aangepak het, het moedig, kaalvoet en sonder ’n duikpak deur die seewater van 14°C geklief – rigting Bloubergstrand.

Met slegs ’n pienk baaibroek, silwer swempet, helderblou swembril, swart polshorlosie en ’n Vaseline-gesmeerde lyf het die 11-jarige van St. Francisbaai op ’n warm en windlose Kaapse oggend die jongste swemmer geword wat die 7,6 km vanaf die wêreldberoemde eiland tot by Big Bay se menseredderstasie afgelê het.

Abriella Bredell (11) het Vrydagoggend van Robbeneiland na Big Bay geswem. Die afstand van 7,6 km en het haar 3 uur en 20 minute geneem Hier gee haar pa, Pierre, vir haar ’n bietjie tee terwyl sy ’n blaaskans neem. Foto: Le Roux Schoeman
Abriella swem sterk met Blouberg wat net-net in die verte sigbaar is. Agter haar is Brenton Williams wat saamgeswem het. Foto: Le Roux Schoeman
Veilig in die branders van Big Bay net voordat ’n opgewonde groep joernaliste die jong swemmer oorval het.Foto: Le Roux Schoeman
“Die groot ding is om die koue te klop,” het die veteraarnswemmer Theodore Yach gesê terwyl hy Abriella saam met ’n groot groep mense in Big Bay ingewag het. Foto: Le Roux Schoeman

“Dit gaan alles daaroor om die koue te klop,” het hy gesê en bygevoeg dat sy nou die jongste swemmer is wat hierdie prestasie behaal het.

Volgens haar pa het sy haar baie deeglik voorberei vir hierdie dag. Hy het gesê dit is ’n baie emosionele oomblik vir hom want dit is twee jaar se harde werk.

’n Verklaring op die BackaBuddy-geldinsamelingsplatform het die gesin die swemtog gebruik om geld vir Abriella se “gunsteling-welwillendheidsorganisasie”, die Rooikruis-Kinderhospitaal in te samel.

“Sy swem ses dae van die week en kry fisioterapie, en op Sondag swem sy 8 km,” het Lauryn gesê. “Toe sy vir my vanoggend voor die tyd sê dat sy senuagtig is, het ek gesê hierdie is net haar gewone Sondagswem.”

Meer oor:  St. Francisbaai  |  Robbeneiland  |  Swem  |  See
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.