Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: 3 busse brand in Kaapstad

Drie Golden Arrow-busse is vroeg Vrydagoggend op die Symphonyweg-brug aan die brand gesteek toe betogers die strate ingevaar het.

Bronwen Dyke-Beyer, woordvoerder van Golden Arrow, het bevestig dat drie van hulle busse geteiken is.

“Twee van ons busse het heeltemal uitgebrand en ’n derde bus is erg beskadig. Ons pendelaars is almal veilig verwyder. Sedert die begin van die jaar is ses sake van brandstigting aangemeld,” sê Dyke-Beyers.

Die busmaatskappy het ’n beroep op die polisie gedoen om hulle te help om pendelaars te beveilig en te verseker dat hul busbestuurders onder veilige omstandighede hul werk kan doen.

“Ons veroordeel hierdie aanvalle. Dit kan eenvoudig net nie toegelaat word om voort te gaan nie. Hierdie onkoste raak al hoe hoër en aan die einde van die dag sal dit die pendelaars wees wat weer eens moet boet vir die dade van misdadigers.”

Intussen sê Richard Coleman, verkeerswoordvoerder vir die Kaapstad-metro, die N2 by die R300 is gesluit en die N2 by die Borchards-Quarryweg is ook gesluit.

“Motorbande brand ook op die Symphonyweg-brug, wat veroorsaak dat die paaie tussen Sarah Baartman en Govan Mbeki gesluit is.”

Angus Mackenzie, voorsitter van die Kaapstad-metro se vervoerkomitee, sê die aanval op Golden-Arrow-busse kan nie toegeskryf word aan gewelddadige betogings oor dienslewering nie, maar eerder aan “suiwer boewery en barbaarsheid wat gelykstaande is aan terrorisme”.

“Hierdie optrede van ’n klein minderheid het ’n ekstra las op openbare vervoer geplaas en belemmer dienslewering aan die meerderheid inwoners wat van die busdiens gebruik maak. Hierdie aksies is onverskoonbaar en moet in die sterkste moontlike terme veroordeel word.”

Die uitgebrande Golden-Arrow-bus. Foto: Jaco Marais
’n Golden-Arrow-bus is vroegogend aan die brand gesteek. Foto: Jaco Marais
Nog ’n Golden-Arrow-bus brand in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Kaapstad  |  Vandalisme  |  Betogings  |  N2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.