Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Dodetal styg na taxi-ongeluk by Melkbosstrand

Die dodetal het gestyg nadat daar aanvanklik berig is dat minstens sewe mense Maandagoggend in 'n ongeluk tussen Philadelphia en Melkbosstrand buite Kaapstad omgekom het.

Kaapstad se verkeersowerhede sê nog 'n persoon is later op die toneel dood verklaar, nadat 'n minibustaxi en 'n motor reg van voor gebots het.

Ses mans wat in die minibustaxi was, is aanvanklik dood verklaar en so-ook 'n vrou wat in die motor was.

Ses mense is in 'n kritieke toestand, en nog ses ander mense is ernstig beseer. 

Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van Kaapstad se verkeersdienste, sê Melkbosstrandweg tussen die N7 en Mamre-weg was vir verkeer gesluit.

Bezuidenhout sê die owerhede is op die toneel. Die polisie sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

Meer oor:  Maxine Bezuidenhout  |  Melkbosstrand  |  N7  |  Mamre  |  Kaapstad  |  Ongeluk  |  Sedan  |  Dood  |  Botsing  |  Minibus  |  Minibustaxi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.