Bykans 9 000 mense was teen 08:30 reeds deur die hekke op die eerste dag van die Nampo-oesfees buite Bothaville in die Vrystaat.
Die organiseerders verwag die week ongeveer 80 000 mense.
Christelle en Kobus Smit van Bloemfontein sê hulle is veral opgewonde oor die beeste op Nampo.
Hul eerste stop is die patent-kompetisie, wat elke jaar baie aandag lok.
"Ons is nie boere nie. Dis net vir ons ontsaglike mooi diere."
Johann Gouws het aan Netwerk24 gewys hoe mens 'n veteraantrekker aan die gang kry.
Gouws en sy tweelingbroer, Jaco, versamel veteraantrekkers en stal jaarliks by Nampo se museum uit.
Willem van der Merwe, wat "vir die boere" werk, sê wat hom die meeste opval is die positiwiteit van die besoekers.
"Hulle daag steeds op en dis darem nie heeltemal negatief teenoor die landbousektor nie."