Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Afleweraar masturbeer nadat hy kos aflewer

’n Afleweraar is deur die maatskappy Mr D Food afgedank nadat hy buite ’n kliënt se huis gemasturbeer het.

’n Video van die voorval het Woensdag soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Die video wys hoe die afleweraar sy gulp oopmaak en masturbeer etlike oomblikke nadat hy ’n kospakkie aan ’n kliënt oorhandig het. Die kliënt, ’n vrou, loop terug na haar huis met haar rug gekeer op die afleweraar by die hek.

Die voorval het vermoedelik in Pietermaritzburg gebeur.

“Mr D Food veroordeel die gedrag van die afleweraar ten sterkste en vra opreg om verskoning vir wat gebeur het,” sê Devin Sinclair, hoof van Mr D Food, in reaksie op die voorval. Mr. D Food het vroeër as Mr Delivery bekend gestaan.

Volgens Sinclair is die afleweraar geïdentifiseer en sy kontrak is onmiddellik beëindig.

“Ons was in verbinding met die kliënt en haar gesin en het hulle om verskoning gevra vir die afleweraar se onaanvaarbare gedrag. Ons is baie spyt oor die voorval en sal enige inligting aan hulle voorsien wat hul dalk sou nodig hê om die saak teen die afleweraar verder te neem,” sê Sinclair.

Hy het bygevoeg dat al die afleweraars van Mr D Food aan ’n streng keuringsproses onderwerp word en dat die maatskappy onder geen omstandighede sulke gedrag duld nie.

“Ons nasionale bestuurstrukture sal seker maak dat hierdie tipe gedrag nie herhaal word nie.”

Volgens Sinclair word die afleweraars in kliëntediens opgelei wanneer hulle deur die maatskappy aangestel word. “Die voorval is beslis nie die norm nie. Duisende kospakkies word daagliks aan kliënte afgelewer en ons afleweraars word gereeld vir hul goeie diens geloof.”

Mr D is n filiaal van Naspers, moedermaatskappy van Media24 waaronder Netwerk24 val.

Meer oor:  Pietermaritzburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.