Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Amy’Leigh en gesin blom op foto’s ná ontvoerdrama

Amy’Leigh de Jager, wat ná ’n ontvoeringsdrama teruggevind is, en haar gesin blom behoorlik op pragfoto’s wat op sosiale media gedeel is.

Die sesjarige meisie se ma, Angeline, wat platgeslaan was toe haar dogter na bewering ontvoer is, het dié gesinsfoto’s Donderdag op haar Facebook-blad gedeel.

Amy’Leigh de Jager saam met haar pa, Wynand, haar boetie, en ma, Angeline. Foto:

Op een van die foto’s glimlag Angeline breed met haar kroos – haar een arm om haar seuntjie en die ander om Amy’Leigh. Op dieselfde foto het Amy’Leigh ’n wit strikkie in haar hare en sy glimlag vir die kamera.

Op ’n ander foto hou Amy’Leigh se pa, Wynand, haar vas, terwyl sy seun voor hom staan. Angeline kyk liefdevol na haar dogter.

Die De Jager-gesin is van links Amy’Leigh, haar pa, Wynand, haar ma, Angeline, en haar boetie. Foto:

Facebook-gebruikers het telkens in kommentaar op die foto’s komplimente oor dié “pragtige gesin” gelewer.

Amy’Leigh is op 3 September teruggevind nadat sy ’n paar uur tevore na bewering voor die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark ontvoer is. Haar vermeende ontvoerders het glo ’n losprys van R2 miljoen geëis.

Drie mense, onder andere ’n gr. RR-onderwyseres, Tharina Human, wat by dieselfde skool skoolgehou het, is intussen in hegtenis geneem.

Human en die ander twee beskuldigdes in die ontvoeringsaak, Laetitia Nel en Pieter van Zyl, het Maandag in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.

Ma Angeline saam met Amy’Leigh en haar boetie.Foto:

Meer oor:  Amy’Leigh De Jager
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.