Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Nóg 'n video van aanval op Arnie

Nog 'n video van die voorval waarin Arnold Schwarzenegger deur 'n onbekende man in die rug geskop word, het op sosiale media na vore gekom. 

Dit wys dat die voormalige Kaliforniese goewerneur, liggaamsbouer en rolprentster van lokettreffers soos Terminator skaars sy balans verloor het deur die onverwagse aanval.

Danie Barnard het die video op sy twitterrekening geplaas.

In die ander video wat vroeër die ronde gedoen het skree die skopper,“Help my, ek kort ’n Lamborghini!” na die voorval. 

Kort voor die aanval neem Schwarzenegger op versoek van 'n aanhanger 'n Snapchat-video.  

Net toe hy een van die kinders se selfoon teruggee, kom ’n man uit die niet en skop hom Schwarzenegger hard in die rug.  

Die man word platgeduik deur vermoedelik Schwarzenegger se lyfwagte en skree dan: “Help my, ek kort ’n Lamborghini!”

Kort daarna neem Schwarzenegger weer sy sitplek langs die binnehuise baan in – oënskynlik nie te ontsteld oor die voorval nie. Ná ’n paar minute het hy en sy span opgestaan en die kompetisie verlaat. Dit is waar die video eindig.

Op sy Twitter-profiel is ’n video waar hy later die dag ’n groot groep aanhangers groet.

Hy skryf in ’n twiet:

“Dankie vir jul omgee, maar daar is niks om oor bekommerd te wees nie. Ek het gedink ek word net deur die groep rondgestoot, wat baie gebeur.”

Hy sê hy het eers besef hy is geskop toe hy die video gekyk het.

“Ek is net bly die idioot het nie my Snapchat (video-opname) onderbreek nie.”

Schwarzenegger is in Suid-Afrika vir die Arnold Classic Africa, ’n multi-sportbyeenkoms wat volgens EWN meer as 20 000 atlete die geleentheid bied om aan ’n internasionale kompetisie deel te neem teen deelnemers van ses kontinente in 86 verskillende sportsoorte.

Verskeie geleenthede vind dan regdeur die naweek by Sandton plaas. 

Bykomende bronne: Sandtonchronicle & EWN

Meer oor:  Arnold Schwarzenegger  |  Sandton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.