Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Baaise man deur walvis gehap, uitgespoeg
Rainer Schimpf by ’n foto van dolfyne tussen die branders wat hy in Algoabaai by Wood Cape-natuurreservaat geneem het. Die foto is in Desember as wenfoto gekies in ’n kategorie van die internasionale fotokompetisie Nature’s Best Photography. Foto: Verskaf

Rainer Schimpf, ’n duiker en marinefotograaf van Port Elizabeth, het so byna viskos geword toe hy onlangs in die bek van ’n walvis beland het.

Die oomblik toe Schimpf bykans ’n Bybelse Jona geword het, is boonop deur ’n ander fotograaf, Heinz Toperczer, op film vasgelê.

Die video van die voorval is die afgelope paar dae wyd versprei op sosiale media en is al meer as 210 000 keer gekyk.

Die voorval was volgens die video sowat 46 km van die Baai se hawe en het in Februarie plaasgevind.

Schimpf het oudergewoonte die see ingevaar om die skouspelagtige tonele van die sardienloop in Algoabaai af te neem.

Hy was die betrokke dag onder die water besig om foto’s te neem van ’n haai wat naby aan die skool sardiens geswem het.

“Die volgende oomblik het dit donker geword en ek het so bietjie druk op my heup gevoel.

“Toe ek die druk voel, het ek onmiddellik geweet ’n walvis het my gegryp,” vertel hy.

Volgens Schimpf was daar nie kans om bang te word nie.

“Jy moet jou instink gebruik,” sê die duiker, wat al bykans 15 jaar die sardienloop dokumenteer.

“Ek het onmiddellik my asem opgehou. Ek het gereken hy gaan dieper duik en my in ’n stadium los, maar baie dieper in die see in.

“Iewers het ek gevoel die walvis draai en die drukking word minder.”

’n Foto wat Rainer Schimpf al voorheen tydens die sardienloop in Algoabaai afgeneem het. Foto: Rainer Schimpf
Nog ’n foto wat deur Rainer Schimpf tydens ’n vorige sardienloop geneem is. Foto: Rainer Schimpf

Kort daarna het Schimpf by die vis se mond uitgespoel en kon hy weer na die oppervlak swem.

Schimpf vertel hy is byna vyf jaar gelede ook amper deur ’n walvis ingesluk toe hy die sardientjies afgeneem het.

Tydens daardie voorval het die massiewe dier oopmond op die skool sardiens afgepyl terwyl hy besig was om hulle af te neem.

Volgens hom was die walvis se bek groot genoeg om ’n motor in te sluk.

Oomblikke voordat die walvis sy mond om Schimpf kon toevou, het die walvis weggeswenk.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Walvis  |  See
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.