Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk: Bela-Bela-kompleks afgebrand; baie verloor werk

Heelwat mense in Bela-Bela is hul werk kwyt nadat die Waterfront-kompleks in dié dorp in Limpopo afgebrand het.

Thinus Ras, ’n DA-raadslid van die dorp, sê dit sal beslis ’n uitwerking op die dorp se ekonomie hê.

Kliek hier vir video wat deur Pierre Pretorius met ’n hommeltuig gemaak is.

Die bekende Waterfront van Bela-Bela staan Vrydag in ligte laaie nadat ’n verwoestende brand uitgebreek het.Foto: Traffic Police Services Limpopo/Facebook

Fred van Heerden, eienaar van die Waterfront, was Sondag platgeslaan en emosioneel terwyl hy oor Vrydag se gebeure gepraat het.

“Ons was moedeloos geskrik en het die brand dwarsdeur die nag tot die volgende dag probeer bestry. As dit nie vir die wind was nie, kon ons die vlamme dalk betyds gekeer het,” sê Van Heerden.

Die brand het binne minute versprei en ná 15 minute was dit duidelik dat die kompleks nie gered kon word nie, sê hy.

Hy het die Waterfront in 1996 op ’n stuk moerasgrond gebou om toerisme in die dorp, wat die poort na die noorde van die land is, aan te wakker.

Van Heerden en Ras is dit eens dat die Waterfront oor die jare deel van Bela-Bela se beeld geword het. Dit was ’n gewilde kuierplek vir inwoners sowel as toeriste.

“Dit is vir ons baie tragies, veral omdat soveel mense hul werk verloor het toe die Spar op die dorp laas jaar ook in ’n brand beskadig is,” sê Ras.

Dié Spar is nog nie klaar herbou nie. Nagenoeg 300 mense is sonder ’n inkomste gelaat.

“Eers is die dorp se hart deur die Spar-brand uitgeruk, nou is die dorp se beeld daarmee heen weens die Waterfront-brand,” sê Ras.

Volgens Ras was daar ses sakeondernemings in die Waterfront-kompleks.

Maar ag wat, almal ken my, ek is nie ’n ou wat maklik gaan lê nie en ons sal weer opstaan en die plek herbou,

Van Heerden beskryf die brandskade as ’n krisis omdat net die geboue verseker is, nie die verlies aan inkomste nie.

Die meeste van die ondernemings doen al baie jare sake en het al hul databasisse in die brand verloor. Ras sê hy weet van heelparty van dié ondernemings wat nie rugsteunkopieë gemaak het nie.

“Maar ag wat, almal ken my, ek is nie ’n ou wat maklik gaan lê nie en ons sal weer opstaan en die plek herbou,” sê Van Heerden.

Die gebou sal nie weer ’n grasdak hê nie, sê hy.

Daar is vroeër berig dat die brand vermoedelik in die kombuis van die Rodeo’ Restaurant & Saloon ontstaan het.

Van Heerden sê foto’s wat van die brand geneem is, wys dit duidelik.

Ondersoek moet nog ingestel word na wat die brand in die kombuis veroorsaak het.

* ’n Ander deel van die Waterfront is vroeër in die jaar ook in ’n brand beskadig.

Volgens Van Heerden is ’n klag van brandstigting by die polisie aanhangig gemaak, maar dié saak is later uit die hof gegooi omdat daar volgens die nasionale vervolgingsgesag nie genoeg bewyse was nie.

Daar word vermoed dat boemelaars wat in ’n verlate gebou skuiling gesoek het, die brand gestig het uit woede omdat hulle gevra is om die perseel te verlaat.

Pierre Pretorius het met ’n hommeltuig ’n video gemaak wat die skade wys nadat ’n verwoestende brand die Waterfront-kompleks in Bela-Bela in puin gelê het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.