Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Bikers Against Bullies ruk op na omstrede dagsorg-sentrum

Besorgde ouers en lede van die groep, Bikers Against Bullies, het Maandagoggend aan 'n protesrit na die Myne Maatjies-dagsorgsentrum in Randfontein in Gauteng deelgeneem.

Volgens Bees Fourie, organiseerder, het sowat 80 mense aan die protesrit deelgeneem.

Fourie het later 'n versoekskrif by die polisiekantoor in Randfontein ingehandig, waarin versoek word dat die dagsorgsentrum in Van der Stel-straat se deure gesluit word.

Die protesrit volg op 'n video wat verlede week op Facebook versprei is en wys hoe kinders oënskynlik in die Myne Maatjies-dagsorgsentrum geklap, verjaag en rondgestamp word. 

LEES OOK: Randfontein: Petisie, optogte teen dagsorgsentrum ná video

dagsorgsentrum, bikers
Lede van Bikers against Bullies het Maandagoggend opgeruk na die omstrede dagsorgsentrum in Randfontein waar kinders na bewering mishandel is.
Bikers against Bullies, dagsorgsentrum
Lede van Bikers against Bullies het daarna 'n petisie by die plaaslike polisiekantoor ingehandig.

Meer oor:  Randfontein  |  Mishandeling  |  Dagsorgsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.