Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Bobby verras baie siek meisie

Om hom te ontmoet was een van haar drome, en toe gaan verras Bobby van Jaarsveld ’n 15-jarige Namibiër wat aan breinkanker ly.

Bobby en Candice is toe albei in trane, nadat Bobby haar van agter af bekruip het.

Die sanger het Donderdagoggend ’n video van die ontmoeting in ’n restaurant by die N/a’an ku sê Lodge, oos van Windhoek op Instagram geplaas.

Daarby het hy geskryf: “Haar ouers probeer haar bucketlist voltooi en ek was op die lys. Sy het my hart ongelooflik aangeraak. Dankie Candice laat jy my weer eens kom was (sic) het hoe afhanklik ons van Die Vader is. Jou getuienis verander alreeds baie mense se lewens. Dit verander myne. Seën jou BAIE IN OORVLOED *

In die video kan daar gesien word hoe Candice verduidelik hoe lekker dit by die lodge is.

“Ek het my tydjie hier geniet. Dit is awesome. Ek het ook die diertjies geniet. Ek was net nou vir ’n game drive,” sê sy aan die kamera en dan sit Van Jaarsveld sy hand op haar skouer.

Ek het my tydjie hier geniet. Dit is awesome. Ek het ook die diertjies geniet. Ek was net nou vir ’n game drive.

Daarna is die sluise oop en Candice begin onmiddellik huil van blydskap.

Van Jaarsveld probeer haar tussendeur groet, maar Candice kan nie ’n woord uitkry nie.

Toe hy vra hoe gaan dit, kon Candice uiteindelik vir hom sê dit gaan goed voordat sy hom omhels.

Dit was egter nie net Van Jaarsveld en Candice wat gesukkel het om die trane terug te hou nie.

Talle van sy volgelinge het in hulle kommentaar gesê hulle oë is ook rooi gehuil.

@abigailoosthuizen het gesê Van Jaarsveld het Candice se dag gemaak.

Wow, ek’s in trane. Bobby jy het so ’n goeie hart. Jy het Candice se dag gemaak. Candice liefie kind ek bid vir jou en jy is n amazing mensie. Jy help my met my struggles, dankie vir jou,” was haar kommentaar.

Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma, het ook die video op haar Instagram-profiel gedeel.

“@bobbyvanjaarsveld het gister Windhoek toe gevlieg om ’n 15-jarige dogter wat breinkanker het, te gaan verras. Haar ouers het dit alles vir haar gereël. Sy het niks vermoed nie. Kyk hier,” het sy in die onderskrif geskryf.

Meer oor:  Bobby Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.