Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Boeremark in Rosestad is weer oop vir sake

Om ’n Saterdagoggend met skilpadjies en pannekoek van die Boeremark in die Bloemfonteinse woonbuurt Langenhovenpark te begin is ’n gebruik eie aan die Rosestad.

Ná sowat vier maande agter slot en grendel het die geliefde Boeremark heropen.

Pierre du Plessis, markbestuurder, sê die heropening het eers ná ’n groot geveg gerealiseer.

“Die mark is oorspronklik as ’n byeenkoms geregistreer, wat beteken het dat ons net 50 mense – besoekers, uitstallers en personeel ingesluit – op die terrein kon toelaat.

Pierre du Plessis, markbestuurder, verwelkom besoekers by die ingang. Foto: Linkie Bessinger

“Ons moes ons toe by die munisipaliteit as ’n ekonomiese instelling laat herregistreer. Eers ná herregistrasie kon die Boeremark weer oopmaak vir sake omdat meer mense nou op die terrein toegelaat kan word.”

Besoekers het nie op hulle laat wag nie en staan in die koue wintersoggende in lang rye om ingelaat te word.

“Elke besoeker se hande word met handreiniger gespuit en die aantal mense op die terrein word gereguleer,” sê Du Plessis.

Arnel Kruger (45) en haar seun Ludwig Schuld (21) sê hulle is hul lewe lank al besoekers aan die mark.

“Ons bring elke Saterdagoggend vir ons ’n leë kosblik saam om vol lekkernye te pak wat ons hier koop,” sê Kruger.

Schuld sê die mark is deel van sy naweekroetine sedert hy kan onthou.

Dit is ’n familie en ’n plek waar die Vrystaat-familie bymekaar kan kom.
Arnel Kruger (45) en haar seun Ludwig Schuld (21) is gereelde besoekers aan die mark. Hulle bring elke Saterdag ’n leë kosblik saam wat hulle vul met lekkernye wat hulle op die mark koop. Foto: Linkie Bessinger
Leë stalletjies. Van die gereelde 450 uitstallers het sowat 150 teruggekeer om hul ondernemings weer op die been te kry. Foto: Linkie Bessinger

“Dit was sleg om so lank nie te kon kom nie, maar dis heerlik om terug te wees.”

Du Plessis sê van die gereelde 450 uitstallers het sowat 150 teruggekeer om hul ondernemings weer op die been te kry.

“Baie van die uitstallers is bejaardes in die hoërisikogroep en dit is dus gevaarlik vir hulle om terug te kom.

“Daar is ook ’n paar wat net eenvoudig nie kon staande bly tydens die inperking nie en hul stalletjies finaal moes sluit.”

Du Plessis sê hoewel dit ’n hartseersituasie is, is hy dankbaar vir die ondersteuning van die publiek sedert die hekke heropen het.

Kruger sê die Boeremark is eie aan Bloemfontein en laat almal altyd welkom voel.

“Dit is ’n familie en ’n plek waar die Vrystaat-familie bymekaar kan kom,” sê sy.

Meer oor:  Heropening  |  Bloemfontein  |  Inperking  |  Covid-19  |  Koroanvirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.