Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: ‘Boetie brand!’ skree 2-jarige oor baba in kot

Waarskuwing: Hierdie berig bevat 'n grafiese foto wat sensitiewe lesers kan ontstel.

“Boetie brand, boetie brand!”

Só het Luan Cloete (2) Dinsdagmiddag vir sy ma geskree toe ’n fratsongeluk ’n brand veroorsaak het in die kamer waarin sy tien maande oue broer, Dian, in sy kot geslaap het.

Dian Cloete (20 maande), wat tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen het. Foto: VERSKAF

Michelle Cloete (19), die seuns se ma, sê sy het groot geskrik. Die brand het kort ná 14:00 ontstaan toe sy Dian in sy kot gesit het om te slaap.

“Ek het na die kamer gehardloop en Dian en Luan uit die vlamme in sy kot gegryp. My hande het self gebrand,” sê sy.

Volgens haar het Luan probeer om sy boetie uit die kot te haal.

Dian het tweede- en derdegraadse brandwonde van sy kop tot onder sy linkervoet opgedoen. Hy het ook brandwonde aan sy bors, linkerbobeen en regterhand en -voet.

“Ek het hom en sy broer dadelik in die bad gesit en die koue water oopgedraai.”

Cloete sê sy vermoed ’n kortsluiting het in die lugversorgingseenheid ontstaan en kooltjies vuur het op Luan se bed, Dian se kot en haar en haar man, JJ (26), se bed beland. Dit was Dinsdag baie warm in Letsitele, Limpopo, en Cloete het die lugverkoeling aangesit om die kamer koel te hou.

“Die hele kamer het uitgebrand. Daar is niks oor nie.”

Die tien maande oue Dian Cloete van Letsitele voordat hy erg verbrand het. Foto: VERSKAF

Cloete sê Dian het “histeries gehuil” van die pyn. Michelle het haar man, JJ, om hulp gebel. Hy werk by ’n landbou-onderneming sowat 60 km van hul huis af naby die Eiland-vakansieoord en het hom na sy huis gehaas.

Die Cloete-egpaar het met hul twee seuns na die Mediclinic Tzaneen gejaag. Dit is sowat 30 km vanaf Letsitele. Luan is nie in die brand beseer nie.

Omdat die Cloetes nie lede van ’n mediese fonds is nie, is Dian per ambulans na die Mankweng- provinsiale hospitaal in Mankweng, sowat 30 km buite Polokwane, gebring.

Dian Cloete (20 maande) word in die Mankweng-hospitaal vir brandwonde behandel. Foto: MICHELLE CLOETE

Dié hospitaal het ’n hoog aangeskrewe brandeenheid.

Cloete het Vrydagmiddag gesê dit gaan al baie beter met Dian.

“Die dokters sê sy wonde herstel baie mooi. Hy kruip al \ bietjie op sy hospitaalbed en hy speel ook.”

Dian het verbande om sy kop, sy bors en albei sy hande is ook verbind.

Cloete sê die dokters is hoopvol dat Dian gou sal herstel. “Hulle sê hy behoort oor ’n week of dalk twee weke ontslaan te word.”

Die Cloete-egpaar slaap in die hospitaal by hul kind.

Dian Cloete in die Mankweng-hospitaal buite Polokwane in Limpopo. Foto: MICHELLE CLOETE
Dian Cloete (20 maande) van Letsitele in Limpopo voordat hy brandwonde opgedoen het. Foto: MICHELLE CLOETE
Van die brandwonde wat ’n tien maande oue babaseun van Limpopo opgedoen het. Foto: MICHELLE CLOETE

Meer oor:  Limpopo  |  Brand  |  Fratsongeluk  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.