Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Boetie gaan weer border toe
Pierre de Mardix in ’n replika van die Duitse vegvlieënier Manfred von Richthofen, of die Rooi Baron, se uniform. Von Richthofen word allerweë as die mees suksesvolle vegvlieënier van die Eerste Wêreldoorlog beskou met 80 oorwinnings in luggevegte op sy kerfstok. Foto: Isabel Venter

Dit was Woensdag weer ’n miernes van bedrywighede by die jaarlikse militêre fees by die Voortrekkermonument in Pretoria.

Dié fees is sedert 2004 ’n jaarlikse instelling en dien ook as fondsinsameling vir die monument.

Daar was militêre uitstallers van dwarsoor die land. Nabootsers van die Militaria Collectors and Reenactors Society van Gauteng en die Dundee Diehards van KwaZulu-Natal was teenwoordig. Karakters van verskillende oorloë van oor die wêreld heen is uitgebeeld.

Vanjaar was daar ook ’n “ontvoering” en dramatiese “reddingspoging” waarvoor drie Alouette-helikopters gebruik is.

Twee “boewe” het Juanita Fourie (20) uit die skare gepluk en kastig probeer ontvoer.

Group73 Specialised Training het dié demonstrasie geborg.

Kerrie Templar, ’n perdry-instrukteur by die Voortrekkermonument, het Woensdag ’n demonstrasie gegee van die berede infanterie tydens die Grensoorlog. Foto: Isabel Venter
David Burt, aangetrek soos ’n soldaat van die Duitse Bundeswehr, of federale verdedigingsmag. Hy is ’n lid van die Gautengse Militaria Collectors and Reenactors Society wat Woensdag aan die jaarlikse militêre fees by die Voortrekkermonument in Pretoria deelgeneem het.. Foto: Isabel Venter

Nadat Fourie veilig terugbesorg is aan haar pa, het ’n 200 jaar oue dame die toeskouers vermaak.

Susanna, ’n skeepskanon van ses pond wat van die 1820’s dateer, is afgevuur.

Die kanon is in die 1970’s by ’n skool in Kaapstad opgegrawe.

Toeskouers het uitgevind sy kan nog hard brul.

Juanita Fourie (20) by een van die Alouette-helikopters wat gebruik is om haar te “red” nadat sy “ontvoer” is. Foto: Isabel Venter
Susanna, ’n Britse skeepskanon van die 1820’s, Woensdag in aksie by die Voortrekkermonument. Foto: Isabel Venter
Drie jong “soldaatjies” wys hul vernuf met ’n “geweer”. Van links is Brooklyn Roux (4), Riley du Preez (8) en sy suster, Mia du Preez (6). Foto: Isabel Venter
Andrie Meyer vuur die skeepskanon bekend as “Klein Susanna” af tydens ’n demonstrasie Woensdag by die Voortrekkermonument. Foto: Isabel Venter
Meer oor:  Pretoria  |  Voortrekkermonument
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.