Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Bok-helde op tuisbodem mét goue trofee

Selfoon-fotograwe, vuvuzelas, die polisie-orkes en ondersteuners in flambojante kleredrag het die Springbokrugbyspan Dinsdag op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg ingewag. Hier is ’n paar foto’s.

Jubelende Bok-ondersteuners het die spelers Dinsdag op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg ingewag. Foto: Argief
Die duisende ondersteuners wat op die lughawe toegesak het, het probeer om die Springbokspelers te siene te kry wat in drie sarsies daar aangekom het. Foto: Deaan Vivier
Die gewoonlik kliniese aankomssaal was by tye bra chaoties terwyl duisende ondersteuners probeer het om hul helde te siene te kry. Foto: Deaan Vivier
Siya Kolisi, kaptein, wys triomfantlik die Webb Ellis-trofee aan die ondersteuners op die O.R. Tambo-lughawe. Foto: Deaan Vivier
Schalk Britz reageer toe hy al die ondersteuners op die lughawe sien. Foto: Deaan Vivier
Siya Kolisi met die Webb Ellis-trofee. Agter hom is Rassie Erasmus, die hoofafrigter. Foto: Deaan Vivier
Siya Kolisi met die Webb Ellis-trofee. Foto: Deaan Vivier
Bok-ondersteuners van in hul duisende het die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg volgepak om die kampioene van die Rugbywêreldbeker te sien. Foto: Gallo Images
Elton Jantjies tussen die ondersteuners. Foto: Deaan Vivier
Die 9-jarige tweeling Meyer Smidt (links) en Nikolas het saam met hulle pa, Arno, Dinsdag by die O.R. Tambo-lughawe gewag om die Springbokke te verwelkom. Foto: Isabel Venter
Cheslin Kolbe, Nathi Mthethwa, minister van sport, Makazole Mapimpi en Duane Vermeulen op een van die mediakonferensies nadat die Springbok-rugbyspan uit Japan op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg aangekom het. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Or Tambo-Lughawe  |  Japan  |  Johannesburg  |  Rugby  |  Wêreldbeker  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.