Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Bok-kaptein se oog vir ’n mooi vrou

Al is hy die kaptein van die Springbok-rugbyspan, bly hy ’n man.

So het talle opgemerk toe Siya Kolisi en sy spanmaats Dinsdag na Suid-Afrika terugkeer, en hy vir ’n oomblik sy oë langer op Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, gehou het.

Die Bok-kaptein Siya Kolisi en Mej. SA, Zozibini Tunzi. Foto: Instagram/Official Miss SA

In ’n video wat sy op haar Instagram-profiel gedeel het, kan gesien word hoe Siya twee keer kyk toe hy haar in ’n skare vol mense op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg raaksien.

In die video loop Siya met die Webb Ellis-beker in sy hand deur die skare, en sien vir Tunzi in ’n heldergeel uitrusting tussen hulle. Hy kyk haar op en af, en gaan dan nader om haar in Xhosa te vra, “jy is Mej. Suid-Afrika, dan nie?”.

Die twee groet mekaar dan met ’n drukkie. Talle op Twitter sê dat hy vir haar in Xhosa sê, “sjoe, jy is mooi”.

Dié video is wyd op sosiale media gedeel, met mense wat meen dat Siya, ’n getroude man, volgens hulle net ’n bietjie té lank na haar gekyk het. Ander meen hy sukkel net om haar te herken, miskien omdat sy ’n selfoon voor haar gesig vashou.

Zozibini Tunzi, Mej. Suid-Afrika. Foto: Instagram/Zozibini Tunzi

Talle het grappig verwys na ’n herrie wat vroeër vanjaar uitgebreek het toe Siya se vrou, Rachel, ’n ander vrou op sosiale media daarvan beskuldig het dat sy kaalboude-foto’s vir Siya gestuur het.

“Wat ’n voorreg om die @bokrugby se tuiskoms te kon beleef,” het Tunzi later op Instagram gesê.

“Die opregte liefde en trots wat die land het, was duidelik in die elektriese atmosfeer. Baie geluk weer eens! Ek kon ook die Webb Ellis-beker vashou, so tegnies is ek ook ’n kampioen!”

Kolisi is deur middel van ’n vriend gekontak. Sy kommentaar sal bygevoeg word indien dit ontvang word.

Meer oor:  Zozibini Tunzi  |  Siya Kolisi  |  Mej. Sa  |  Celebs  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.