Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Bokke kan ons verenig, sê Rassie’s Warriors

Die Springbok-ondersteunersgroep Rassie’s Warriors wil ‘Bokonciousness’ (Bok consciousness) versprei om Suid-Afrikaners daarvan bewus te maak dat rugby ’n groot deel van hul lewe is.

Dié ondersteunersgroep, asook familie en vriende, het Maandagoggend die span op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg terugverwelkom ná hul oorwinning oor die Poemas in Argentinië.

Lede van Rassie’s Warriors op die O.R. Tambo-lughawe is van links: Buks Pretorius (23), Zak Venter (25), Hein Schülte (24) en Theo Landman (23). Die groep gaan ook Saterdag se toets teen Argentinië op Loftus Versfeld in Pretoria bywoon. Foto: Deaan Vivier

Met ’n eindtelling van 46-13 het die Springbokke Saterdag stof in die oë van die Argentyne geskop en hiermee ook die Rugbykampioenskap-beker huis toe gebring.

Rassie’s Warriors het informeel tot stand gekom tussen ’n groep vriende wat mekaar voor Bok-wedstryde bel en insette deel oor die span wat gaan uitdraf.

Dit het groter geraak en op 24 Junie is ’n Instagram-rekening gestig wat tans meer as 2 000 volgelinge het.

“Ons is ’n weermag van passievolle en entoesiastiese Suid-Afrikaners wat steeds glo in Suid-Afrika en die mense wat hier woon. Ons wil hê dat Suid-Afrika as geheel agter die Bokke moet verenig en saamstaan. Ons veg vir Suid-Afrika,” sê Buks Pretorius (23), stigter van Rassie’s Warriors.

Duane Vermeulen met die Rugbykampioenskap-beker en die afrigter, Rassie Erasmus, agter hom nadat hulle op die O.R. Tambo-lughawe geland het.Foto: Deaan Vivier

Dié naam, met verwysing na die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, het al twee jaar gelede in sy kop ontstaan.

“Sport is in ons bloed – dit is deel van ons almal se kultuur en dit het die vermoë om mense te verenig. Ons is van kleintyd af rugbygeesdriftiges en ongelooflik passievol daaroor.”

Duane Vermeulen met die Rugbykampioenskap-beker gee sy handtekening vir Wayne Smith nadat die Bokke in Johannesburg geland het.Foto: Deaan Vivier

En as dit nie te goed gaan in Suid-Afrika nie dan is daar darem nog die rugby en ander sportsoorte waarin Suid-Afrikaners uitblink om die landsburgers op te beur.

“Rugby en die Springbokke het baie meer mag as wat ons dink: Hulle het die vermoë om te bepaal hoe ’n mens voel, dus speel hulle vir ons land se gemoed. Al gaan alles sleg, kan ’n mens darem sê ‘die Bokke het gewen’ en dit maak ’n verskil,” sê hy.

“Hulle het die vermoë om geluk te skep en ons het hulle nodig om ons positief te hou en andersom. Ons is heeltemal agter die Bokke, vir altyd, maak nie saak wat nie.”

Springbok-land, ’n feestelikheid aangebied deur Rassie’s Warriors, vind op 21 September by die Voortrekkermonument vir alle Bok-ondersteuners plaas.

Enigiemand wat wil deel wees van Rassie’s Warriors kan ’n direkte boodskap na die groep op Instagram stuur by @bokwarriors.

Franco Mostert groet sy tweejarige dogtertjie, Joia-Belle, en sy vrou, Juan-Ri, op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg nadat die Springbokke daar geland het. Foto: Deaan Vivier
Meer oor:  Poemas  |  Argentinië  |  Sport  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.