Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Bokser praat sy hart uit ná moord op pa

“Nie elke swart man is ’n slegte mens of ’n moordenaar nie; en nie elke wit man is ’n slegte mens of ’n rassis nie.

Danie van HeerdenFoto: Facebook

Maar kom ons erken wat gebeur: Wanneer ’n politieke party op ’n podium staan en die moord op die wit Afrikanervolk aanmoedig... Wat dáárvan is reg?”

Só sê ’n bekende bokser van Los Angeles, Amerika, met sy wortels in Suid-Afrika Sondagaand in ’n video op sosiale media.

Chris van Heerden – oftewel The Heat soos hy in bokskringe bekend staan – is ’n voormalige weltergewig-wêreldkampioen.

In 2015 het hy en Errol Spence mekaar die stryd aangesê.

Van Heerden se pa, Danie (61), ’n bekende inwoner van Meyerton, is verlede Donderdag deur ’n veiligheidswag doodgeskiet toe hy hom oor beweerde diefstal gekonfronteer het.

Vroeër is berig die koeël het dwarsdeur Danie se skouer en sy een arm getrek en hom in die sy getref.

Hy het voor sy seun, Donjuan (17), gesterf.

Die wag, glo ’n lid van die Rooimiere (Red Ant Security and Eviction Services), verskyn Maandag in die landdroshof in Vereeniging op ’n aanklag van moord.

“Dit moet ophou. My pa het nie verdien om te sterf soos hy gesterf het nie,” sê Van Heerden in sy video en hou vol dat die moorde in Suid-Afrika is polities gemotiveerd is.

Hy verwys vermoedelik na uitlatings deur Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF), in Potchefstroom dat hy “50 000 soldate bymekaarmaak om wit mense dood te maak”.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek die voorval.

“Ek kry soveel ondersteuning van al die rasse – swart en wit mense wat gedagtes en medelye deel. Om ’n swart man te vermoor is nié oukei nie. Om ’n wit man te vermoor is nié oukei nie. Dit kan nie so maklik wees om iemand net te vermoor nie,” sê hy.

Van Heerden is op pad na Suid-Afrika vir sy pa se begrafnis Vrydag.

Benewens Van Heerden en Donjuan word Danie oorleef deur 11 ander kinders, naamlik Rudolf, Danie, Michael, Bianca, Wilma, Mari en Daniela van Heerden, Willem van Greunen, Warrick James, Tertia Bester en Tiekie Schemper.

Meer oor:  Danie Van Heerden  |  Moord  |  Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.