Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Brandstigting vermoed toe voer vir N-Kaap uitbrand

Die brand waarin geskenkte veevoer Woensdagaand in Sutherland in die Noord-Kaap aan die brand geslaan het, is moontlik deur brandstigting veroorsaak.

Die veevoer sou Donderdag aan boere in die droogtegeteisterde gebied geskenk word. Die voer wat nie gebrand het nie, sal Vrydag aan boere geskenk word.

Ockie Muller, komiteelid van die Save the Sheep-organisasie, sê die voer het in drie hope gelê.

Die veevoer in Sutherland wat aan die brand geraak het.

“Die hope wat omstreeks 22:00 aan die brand geraak het, was 50 m uitmekaar. Dit het ook gelyktydig aan die brand geraak. Die ander hoop, wat slegs 10 m weg was, het nie aan die brand geslaan nie. Dit is baie vreemd,” sê hy.

“Toe die brand rugbaar word, het al die boere in die omgewing kom help om dit te blus. Hulle het heelnag en deur die oggend gewerk om die brand te blus. Die voer is papnat gespuit.”

Muller sê die voer is onder andere deur mense en boere van Bredasdorp en Riversdal geskenk. Die vervoer daarvan na Sutherland is ook geborg.

“Altesaam 70 garsbale van 500 kg elk en 36 grasbale van 200 kg het uitgebrand. Ons moet nou hergroepeer om die oorblywende voer aan sowat 114 boere uit te deel. Ons het reeds oproepe van elders gekry van mense wat nog voer wil skenk.”

Mense wat voer wil skenk kan die besonderhede op die Save the Sheep-blad op Facebook kry.

Meer oor:  Sutherland  |  Brand  |  Misdaad  |  Brandstiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.