Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk: Brrr! Eerste sneeu van die winter val in SA
Die Sanipas is die naweek weens sneeu gesluit. Foto: Snow Report SA

Nes die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) belowe het, het dit die naweek gesneeu.

Al was dit die naweek bibberkoud, sê Bransby Bulo, weervoorspeller van die SAWD, is die sneeu vir eers verby.

Dit het veral in Lesotho, die Drakensberge, Malutiberge en die suidelike dele van die Oos-Kaap, veral naby Matatiele, gesneeu.

Die Afriski-bergoord in Lesotho lyk soos ’n klein Switserland met die sneeu wat die naweek daar geval het. Foto: Snow Report SA

Volgens Bulo gaan dit die komende week steeds koud wees en lae temperature word verwag.

Die temperature gaan wel effens hoër wees as oor die naweek, maar nie genoeg om jou trui weg te bêre nie.

Die kwik kan Maandag in Pretoria na 17 °C styg en ’n maksimum temperatuur van 15 °C word vir Johannesburg voorspel.

Die sneeu lê sentimeters dik by die Sani-bergoord. Foto: Snow Report SA

Snow Report SA het verskeie foto’s van die eerste wintersneeu op sy Facebook-blad gedeel.

Volgens die sneeudiens het daar 15 cm sneeu by die Afriski-bergoord in Lesotho geval. Paaie na die oord is gevolglik gesluit.

Die Sanipas is ook die naweek gesluit weens sneeu.

Met die winter op hande het die Heilsleër nou ook dringend hulp nodig om diegene wat die ergste deur die koue geraak word, haweloses en armes, te help.

Dit het die naweek vir die eerste keer vanjaar ordentlik by die Sani-bergoord gesneeu. Foto: Snow Report SA

Maj. Carin Holmes, woordvoerder van die Heilsleër, sê die organisasie word jaarliks gevra om komberse, klere en kos aan die toenemende aantal hulpbehoewendes te verskaf. “Vir baie van ons is die winter net ’n klein bietjie meer as ’n ongerief waar ons die verwarmers kan aanskakel of ons warm klere kan aantrek of ’n warm maaltyd kan voorberei. Maar vir die hawelose en armes onder ons is die winter ’n oorlewingstryd.”

Die organisasie maak net staat op mense se vrygewigheid.

Jy kan hulle maklik help deur ’n SMS met die woord “Winterhelp” na 42290 te stuur. SMS’e kos R30.

By Mnweni, tussen die Amfiteater en Cathedral-piek in die Drakensberge, lê die sneeu ook dik. Foto: Snow Report SA
By die Berghouse and Cottages naby Bergville in die Drakensberge lê die eerste wintersneeu wit teen die berg. Foto: Berghouse and Cottages

Meer oor:  Winter  |  Sneeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.