Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Bus brand uit by Hugenotetonnel

’n Passasiersbus het Dinsdagmiddag laat naby die Hugenotetonnel, aan Worcester se kant van die tonnel, uitgebrand.

Die brandweer blus die vlamme nadat ’n bus Dinsdagmiddag buite die Hugenotetonnel aan die brand geraak het. Niemand is in die voorval beseer nie. Foto: Verskaf

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê die bus het ’n dansgroep, wat op pad was van Mitchells Plain na Johannesburg, vervoer.

Verbygangers het foto’s van die bus in ligte laaie met reuse-rookwolke bo die voertuig op sosiale media geplaas.

Niemand het enige beserings opgedoen nie en die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.

“Almal het gelukkig veilig uitgeklim.

“Volgens die busbestuurder is ’n kortsluiting in die lugverkoelingstelsel ’n moontlike oorsaak van die brand,” sê Africa.

’n Bus wat ’n dansgroep van Mitchells Plain na Johannesburg vervoer het, het naby die Hugenotetonnel aan die brand geraak. Foto: Verskaf
’n Bus met ’n dansgroep van Mitchells Plain aan boord het naby die Hugenotetonnel aan die brand geraak. Foto: Verskaf
Brandweerlede spook om die vlamme te blus. Dié bus, met ’n dansgroep van Mitchells Plain aan boord, het naby die Hugenotetonnel aan die brand geraak. Foto: Verskaf
Meer oor:  Worcester  |  Paarl  |  Uitgebrand  |  Brand  |  Bus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.