Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Chester se laaste TV-onderhoud Vrydag op VIA

Die ontslape Springbok-legende Chester Williams se laaste TV-onderhoud voor sy afsterwe sal op Vrydag 13 September om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) en Netwerk24 se rugbyprogram Groen en Goud uitgesaai word.

In dié onderhoud – wat etlike dae voor sy afsterwe verfilm is – kyk Williams terug op sy luisterryke loopbaan op die rugbyveld en hoe hy een van die bekendste name in Springbok-rugby geword het. Sy vrou, Maria Williams, praat ook oor hul verhouding.

Chester Williams tydens sy laaste televisie-onderh
Chester Williams tydens sy laaste televisie-onderhoud. Skermgreep: VIA

Om meer insig in Williams se lewe en loopbaan te gee, is die Netwerk24-rugbyskrywers Owen Kock en Stephen Nell, Son-rugbyskrywer Adnaan Mohamed en Netwerk24-meningsredakteur Gert van der Westhuizen ook aan die woord.

Hy ’n legende wat ’n enorme impak op rugby en ons land gehad het.
Izelle Venter, VIA se kanaalhoof

“Chester se afsterwe is nog so rou en skielik,” sê Izelle Venter, VIA se kanaalhoof.

"Hy is ’n legende wat ’n enorme impak op rugby en ons land gehad het. Dit is vir VIA en Netwerk24 ’n enorme voorreg om in sy huis te kon wees dae voor sy dood. Die program is so ’n mooi getuienis van sy eerlikheid, sy outentiekheid en sy liefde vir sy gesin – ons hoop dit sal troos bied vir sy naastes en ons kykers.”

Chester Williams se episode van

Groen en Goud kan ook op DStv Now gestroom word en word ook op die volgende dae en tye op VIA uitgesaai:

* Vrydag 13 September om 17:30

* Vrydag 13 September om 23:30

* Saterdag 14 September om 05:30

* Sondag 15 September om 19:30

* Maandag 16 September om 17:30

* Donderdag 19 September om 19:30

Williams is op Vrydag 6 September oorlede aan ’n hartaanval. Hy was 49. Hy is die vierde lid van die seëvierende Springbok-span wat in 1995 die Wêreldbeker gewen het om te sterf: Ruben Kruger is in 2010 aan breinkanker oorlede, Joost van der Westhuizen is in 2017 weens motorneuronsiekte dood en James Small is ook vanjaar as gevolg van ’n hartaanval oorlede.

Nuwe episodes van Groen en Goud word elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 19:30. In samewerking met Netwerk24.

Meer oor:  Via  |  Chester Williams  |  Rugbywêreldbeker  |  Groenengoud  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.