Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Choreograaf kry nuwe idees wyl hy verkeer reguleer
Thamsanqa Menzi, ’n verkeersopsiener in die Nelson Mandelabaai-metro, reguleer die verkeer tydens beurtkrag met uitbundige danspassies. Foto: Skermgreep

Vergeet van die Jerusalema-dansuitdaging – daar is ’n verkeersopsiener in Port Elizabeth wat aan die wêreld ’n ding of twee kan wys oor hoe om verkeer te reguleer.

Thamsanqa Menzi (47) se heupskud-armswaai-dans laat nou nie meer net motoriste in dié stad glimlag nie, maar het ook Facebook aan die gons nadat ’n video van sy danspassies hier gedeel is.

Menzi reguleer al bykans ’n dekade lank verkeer in die Nelson Mandelabaai-metro en sê dié danspassies is maar deel van sy geaardheid.

“Vir my is daar geen ander opsie as om alles met passie en gretigheid aan te pak nie, want dit is hoe jy geluk vind en nie verveeld raak met wat jy doen nie,” vertel Menzi opgewonde aan Netwerk24.

Die video van Menzi is Donderdag tydens beurtkrag op die hoek van Mount- en Kaapweg in die stad geneem. Teen Vrydagmiddag is die video al 117 000 keer gesien.Van die reaksies hierby is:

• “Darem so lekker om nog iemand te sien wat sy werk so goed doen en ’n glimlag op ’n mens se gesig sit.”

• “Hy is wonderlik. Welgedaan aan hom, hy maak ’n aaklige dag wonderlik.”

• “Dankie vir hierdie spietkopballet in Kaapweg, PE.”

Soos dit ’n goeie uitvoerende kunstenaar betaam, bedank Thamsanqa Menzi sy “gehoor”. Foto: Skermgreep
Dié kant toe, mense! Die verkeersopsiener Thamsanqa Menzi wys met ’n swaai van die hand en die heup wie voorgang het om te ry. Foto: Skermgreep

Hy sê hy wissel sy danspassies maar af afhangende van die musiek waarna hy op die dag geluister het, of van die musiek wat uit verbygaande taxi’s blêr.

“Ek voel-voel maar so aan die dag en pas my styl aan. Soms is dit sommer ’n Zoeloedans tussendeur,” skerts hy.

Posted by

Suzette Ludeke on Thursday, 3 September 2020

As lid en choreograaf van die plaaslike Viola Men’s Choir kry hy van sy beste idees vir nuwe dansbewegings terwyl hy tussen verbygaande voertuie deur dans.

“Dit is vir my lekker om mense te laat glimlag, of dit deur my werk, sing of dans is, dit maak my ook gelukkig.”

Warren Prins, verkeers-en-lisensiehoof van die metro, het in reaksie op die video gesê dit maak hom trots om die passie van hul lede te sien.

“Jy kan werklik die toewyding van die man sien. Dit is juis wanneer jy passie en geluk in jou werk uitleef, dat die goeie resultate inkom, soos die publiek se positiewe kommentaar.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.