Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Cyril wil WB-trofee saam met Siya lig

Pres. Cyril Ramaphosa het die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, alles van die beste toegewens vir hul halfeindstryd Sondag teen Wallis.

Ramaphosa het in ’n video-oproep ook vir Kolisi gesê hy vlieg Japan toe vir die eindstryd volgende Sondag en wil saam met Kolisi die Web Ellis-trofee lig.

Die president het Kolisi en sy span ook daarvan verseker dat Suid-Afrika se 57 miljoen inwoners hulle ondersteun.

Die Bok-kaptein het die president op sy beurt verseker dat die Bokke Sondag “ons beste sal doen” sodat Ramaphosa die eindstryd kan bywoon.

Ramaphosa het gesê hy is trots op hulle. “Op jou en op die span. Julle het absoluut uitstekend gevaar.”

Die Springbokke kom Sondag in Jokohama teen Wallis te staan in die tweede halfeindstryd.

Engeland het Saterdag die All Blacks in die eerste halfeindstryd met 19-7 geklop. Die wenner van Sondag se wedstryd sal aanstaande Saterdag teen Engeland te staan kom in die eindstryd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.