Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk dán gratis aanlyn wie is Mej. SA-toptien

Die name van die toptienfinaliste wat later vanjaar in Kaapstad om die Mej. Suid-Afrika-kroon gaan meeding, word volgende week bekend gemaak en aanhangers sal die aankondiging gratis aanlyn kan volg.

Die top-10-finaliste. Boonste ry: Andile Mazibuko (KZN), Keashel van der Merwe (Gauteng), Jamie Cloete (Wes-Kaap), Ané Oosthuysen (Gauteng), Bianca Bezuidenhout (Wes-Kaap) en Eloïse van der Westhuizen (Wes-Kaap). Tweede ry: Kgothatso Dithebe (Gauteng), Jeanni Mulder (Wes-Kaap), Lehlogonolo Machaba (Noordwes), Kgatlhiso Modisane (Gauteng), Tshegofatso Molefe (Vrystaat) en Licalle Isaacs (Wes-Kaap). Derde ry: Kaylan Matthews (Oos-Kaap), Ferini Dayal (Gauteng), Pearl Ntshehi (Gauteng), Savannah de Almeida (KZN), Cheneil Hartzenberg (Gauteng) en Catherine Groenewald (Wes-Kaap). Vierde ry: Itumeleng Baloyi (Limpopo), Lisanne Lazarus (KZN), Lalela Mswane (KZN), Olin Shae de la Cruz (Gauteng), Moratwe Masima (Gauteng) en Mawusive Sibutha (Vrystaat). Onderste ry: Kgaketsang Mathobisa (Vrystaat), Danielle Marais (Gauteng), Precious Mndalama (Gauteng), Tiffany Francis (Gauteng), Pumeza Zibi (Wes-Kaap) en Zimi Mabunzi (Oos-Kaap). Foto: Facebook/Miss South Africa

Dinsdag om 11:00 sal die Mej. SA-organisasie die top-30 na net tien finaliste verminder. Hulle sal in Oktober op die loopplank by die GrandWest Grand-arena om die uBuhle-kroon meeding.

Die aanwys van die toptien word op die Mej. SA-organisasie se YouTube-kanaal gestroom.

Uit die top-30 is 12 meisies van Gauteng (met vier uit Pretoria), sewe uit die Wes-Kaap, vier uit KwaZulu-Natal, drie uit die Oos-Kaap, twee uit die Vrystaat en een elk uit Noordwes en Limpopo.

Onder hulle is twee dokters, ’n prokureur, ’n kommersiële vlieënier, ’n omgewingspesialis, modelle, gegradueerdes en studente. Sommige het hul eie onderneming begin terwyl ander liefdadigheidsorganisasies bestuur.

Lehlogonolo Machaba van Noordwes, die eerste transgendervrou wat in die kompetisie meeding, is ook onder die top-30.

Kgothatso Dithebe en Eloïse van der Westhuizen sal hoop om weer hul naam in die toptien te hoor nadat hulle dié ronde in 2019 gehaal het.

Olin Shae de la Cruz het in die 2020 die top-15 gehaal en Catherine Groenewald in 2019 die top-30.

Die organisasie sê die beoordelaars, wat almal voormalige Mej. Suid-Afrika-titelhouers is, het reeds hul keuses vir die top-10 gemaak.

Die beoordelaars is Melinda Bam (2011), Tamaryn Green (2018), Bokang Montjane-Tshabalala (2010) en Liesl Laurie (2015). Die publiek is die vyfde beoordelaar en die publiek se gunsteling sal verseker wees van ’n plek in die top-10. Verlede jaar was die huidige Mej. SA, Shudu Musida, die publiek se gunsteling.

Die 63ste Mej. Suid-Afrika-kompetisie vind op Saterdag 16 Oktober plaas en sal regstreeks op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai word.

Die onthulling van die toptien kan by youtube.com/TheMissSAPageant gekyk word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.