Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Deel van Krugersdorp vir 3 dae sonder water

In ’n tyd waar higiëne as noodsaaklik beskou word, moes die inwoners van West Village in Krugersdorp drie dae lank sonder water sit.

Nadat Netwerk24 die munisipaliteit gekontak het met navrae wat steeds onbeantwoord is, het inwoners Dinsdagmiddag laat weet die watertoevoer is herstel.

Die waterkrisis kom glo al sedert Oktober verlede jaar en die inwoners sê hulle is raadop.

“Ons sit al sedert Sondag sonder water en daar is basies elke week sedert Oktober ’n probleem met die water. Met die Covid-19-pandemie is dit nou erger, want hoe was jy jou hande en hoe bly jy skoon,” vra John Barnard, ’n gemeenskapsleier en inwoner van West Village.

Henry Smith staan Dinsdagoggend onder sy kurkdroë stortkraan. Foto: Verskaf

“Ons kry gereeld tydelike verligting, maar dan is die waterdruk so swak dat ’n mens nie eens behoorlik kan stort nie,” sê Barnard.

Hy sê hulle moet maar bespiegel oor wat die oorsaak van die probleem is omdat die munisipaliteit nie met hulle kommunikeer nie.

Nog ’n inwoner, wat op voorwaarde van anonimiteit met Netwerk24 gepraat het, sê hulle moet by vriende gaan aanklop wanneer hulle toiletgeriewe wil gebruik.

Muriel Brink staan voor die twee-liter-waterbottels wat sy vol hou, gereed vir wanneer die volgende onderbreking hulle tref. Foto: Verskaf

“My vrou is ’n onderwyseres en sy kon nie stort voordat sy vandag werk toe is nie. Ek het die Covid-19-hulplyn vir water gebel, maar hulle het my net ’n verwysingsnommer gegee,” sê die inwoner.

Whitey Moleba, die gebied se wyksraadslid, kon ook nie vir Netwerk24 sê waarom daar nie water is nie en het gesê hy wag ook vir antwoorde van die munisipaliteit.

’n Watertenkwa is Dinsdagmiddag na die West Village-gebied gestuur. Foto: Verskaf

Moleba sê die munisipaliteit het Dinsdagmiddag ’n watertenkwa uitgestuur, maar die inwoners sê dit lei tot ander probleme.

“Daar is geen handhawing van ’n gesonde afstand nie en niemand ontsmet hul hande wanneer hulle gaan water haal nie. Dit lei tot ’n nog groter probleem.”

Justice Mohale, Rand Water se woordvoerder, het Dinsdag gesê hulle is nie verantwoordelik vir die onderbrekings nie.

Hy het navrae na die munisipaliteit verwys wat nie daarop gereageer het nie.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Waterverskaffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.