Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Dele van Makhanda steeds sonder krag

Sekere dele van Makhanda was Maandagaand sonder elektrisiteit nadat die Waainek-transformator vlamgevat en begin brand het.

Inwoners in die westelike dele van die dorp is in die donker gelaat.

Makhanda
Makhanda. Foto: Skermgreep

Anele Mjekula, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit se elektrisiëns het sedert 19:00 Maandagaand tot Dinsdag in die vroeë oggendure gewerk om die elektrisiteitstoevoer te herstel.

Volgens Mjekula het die elektrisiëns spoedig gereageer om die elektriese substasie te stabiliseer en om die omvang van die skade te bepaal.

Die elektrisiteitstoevoer na die Rhodes-Universiteit, Hill 60, West Hill, die boonste deel van Highstraat, die nywerheidsgebied en omliggende plase, Mountain Drive, die Setlaarsmonument, Makana Resort, Salem Cross en Thomas Baines is herstel.

“Werkers is tans besig om die elektrisiteit na gebiede soos Hare, Jacques, Mother Pike, Worcester, Revert en Bond te herstel. “Dit is die laaste groep wat aan die netwerk gekoppel moet word.”

Mjekula het inwoners gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Inwoners wie se elektrisiteit steeds nie herstel is nie, moet dit by die munisipaliteit se afdeling vir elektrisiteit aanmeld.

Meer oor:  Makhanda  |  Elektrisiteit  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.