Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Deurtrekker as masker het SA skone erg ontstig

’n Video van ’n blondekopvrou wat ’n deurtrekker uittrek en as gesigmasker gebruik, glo in ’n Suid-Afrikaanse winkel, het Zozibini Tunzi, Mej. Heelal, ontstig.

Tunzi het haar op Twitter uitgelaat oor die video, wat klaarblyklik beplan is nadat soortgelyke video’s oorsee kop uitgesteek het.

“Wat is dit? Entitlement?” het Tunzi gevra en die video op Twitter gedeel. “Daar is seker nog nooit in jou lewe aan jou gesê dat jy iets móét doen of dat jy jou by die reëls móét hou nie.

“Skielik moet jy gewoond raak daaraan om nie spesiale behandeling te kry nie. Is dit wat dit is? Wat ’n verleentheid. Sit net julle maskers aan of bly tuis. Jy bring ander mense se lewens in gevaar.”

Die vrou trek in die Suid-Afrikaanse video die swart deurtrekker oor haar gesig. Foto: Skermgreep

In die video, wat klaarblyklik ’n internasionale tendens volg, staan die vrou in ’n winkelry sonder ’n masker op. ’n Werknemer vra haar om ’n masker op te sit, waarna sy haar vervies, haar hande onder haar rok insteek en ’n swart deurtrekker uitruk.

Wat mense snuf in die neus laat kry het oor die video se egtheid is dat die vrou duidelik net een been optel om die deurtrekker uit te trek.

Mense sê ook dat dit lyk asof die persoon wat dit verfilm het, lank voor die tyd geweet het wanneer om te begin afneem en dus geweet het wat die vrou op die punt is om te doen.

Die vrou trek oënskynlik die deurtrekker uit in ’n Pick n Pay-winkel. Foto: Skermgreep
Die Portugese vrou trek haar onderklere uit. Foto: Skermgreep
Die Portugese vrou trek haar onderklere soos ’n masker oor haar gesig. Foto: Skermgreep

Mense het ook opgemerk dat dit moontlik ’n nabootsing is van ’n Tik Tok-video wat oorsee gemaak is van ’n vrou, wat Portugees praat, wat presies dieselfde in ’n winkel doen.

Die Portugese vrou sit die deurtrekker op haar gesig, stap die winkel binne, gryp iets van die rak en kom na die kassier om te betaal.

Op dié video staan in Portugees geskryf: “Ek sal selfs sonder ’n broekie wees, maar nie sonder koffie nie.”

Dit lyk of die Suid-Afrikaanse video in ’n Pick n Pay-winkel gemaak is, maar daar kon nog nie vasgestel word wie die vrou in die video is of by watter winkel dit geneem is nie.

Talle mense meen die video is eg en veroordeel die vrou se optrede, terwyl ander meen sy is bloot op soek na internetroem.

Meer oor:  Zozibini Tunzi  |  Vrou  |  Masker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.