Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk: ‘Dierbare’ bulterriër wees ná plaasaanval

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Mbombela (Nelspruit) is op soek na ’n nuwe huis vir ’n “dierbare” bulterriër wat wees gelaat is toe sy mense op 8 April op hul plaas naby Barberton aangeval is.

Sy eienaar, Peet van Es (55), is vermoor en Van Es se vrou, Arine Prins, is beseer. Prins en haar kinders pak nou op en keer terug na Nederland. Ongelukkig kan die bulterriërreun, Moshje, nie saamgaan nie.

Die DBV help Prins en haar familie om ’n goeie huis vir Moshje te vind.

Hy was ná die aanval erg getraumatiseerd en was Woensdagoggend baie verward en bang toe hy by hulle aangekom het, sê Celia Sutton van die DBV.

“Op pad hierheen wou hy nie in die bakkie klim nie en hy wou ook nie uitklim met hul aankoms nie. Maar hy is baie lief vir sy bal. Toe lok ons hom daarmee.”

Hy is vreeslik vriendelik en baie liefdevol. Hy is nou net ’n bietjie bang en deurmekaar ná die aanval
Celia Sutton, DBV

’n Deel van haar werk is om met bang en aggressiewe diere te werk totdat hulle rustig is. Ná ’n ruk het Moshje vir haar sjarme ingegee en haar begin lek.

“Hy is vreeslik vriendelik en baie liefdevol. Hy is nou net ’n bietjie bang en deurmekaar ná die aanval.”

Marcelle Hoffman, inspekteur van die DBV in Nelspruit, sê hul hooftaak is om hom gemaklik te hou.

“Hy is deur soveel trauma. Dit is verstaanbaar dat hy nou bang is.”

Moshje is baie lief vir katte en groter tewe.

Indien iemand belang stel om Moshje aan te neem of meer inligting oor hom wil kry, skakel die DBV in Nelspruit by 013 753 3582 of besoek hul Facebook-blad.

Celia Sutton van die DBV speel met Moshje.

Meer oor:  Dbv  |  Mbombela  |  Aanval  |   |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.