Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Dís waar Cyril se ‘gesteelde’ iPad eintlik was

Pres. Cyril Ramaphosa en sy iPad is herenig nadat dit Dinsdag kwansuis “gesteel” is, maar die vraag op talle se lippe is steeds: Waar wás die president se iPad?

Ramaphosa het Dinsdag ’n storm op sosialemediaplatforms ontketen nadat hy oënskynlik verstom tydens ’n regstreekse uitsending by die Kaapstad-hawe gevra het waar sy iPad is. Sy eerste gedagte was dat iemand dit moontlik gesteel het, en hy het dít verskeie kere herhaal.

“Ek het dit in my hand gehad. Dis weg.”

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Gallo Images

Dit het later dieselfde dag aan die lig gekom die president se iPad was toe al die tyd in die motor.

Suid-Afrikaners het die video-opname van Ramaphosa se dilemma wyd op sosiale media gedeel.

“Ek wag vir my iPad. Iemand het my iPad gesteel,” het Ramaphosa gesê nadat sy woordvoerder, Tyrone Seale, hom na die podium geroep het.

“Iemand het besluit hulle wil my van my iPad onteien. So, ek wil dit hê. Kan ek my iPad kry, asseblief?” het Ramaphosa weer gesê.

Ná ’n oomblik se stilte het die president gesê iemand het dus sy iPad gesteel.

Ramaphosa was weer vir ’n rukkie stil voordat hy beklemtoon het.

“Ek het my iPad gehad. Weet jy waar hulle my iPad geneem het?” het hy vir Seale gevra.

Ramaphosa het daarna gesê dit is wat gebeur wanneer jy gereeld jou toebehore aan ander mense moet oorhandig en gesê dit is dalk die beste om sy goed net by hom te hou.

Ramaphosa het ná ’n minuut en 30 sekondes weer na Seale gedraai en gesê: “Ek het my iPad gehad. Ek het dit in my hand gehad. Dis weg. Dit lyk asof ek dit dalk verloor het.”

Seale het ná ’n paar sekondes vir Ramaphosa gefluister dat hy dalk moet gaan sit.

“Moet ek weer gaan sit?” het Ramaphosa hoorbaar oor die mikrofoon gevra voordat hy weer sy sitplek ingeneem het.

Seale het ná die voorval gesê dit was net ’n ligte oomblik en Ramaphosa het met die situasie gespot.

The Kiffness het intussen die video van Ramaphosa en sy iPad ge-remix terwyl Ramaphosa ’n besprekingspunt op Twitter geraak het.



Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Gesteel  |  President  |  Ipad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.