Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: 'Dronk’ Paasbolletjies is onwaar

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Woensdag ’n verklaring uitgereik om motoriste te verseker hulle sal nie onregverdig tronk toe gestuur word as hulle aan ’n paar van Checkers se Paasbolletjies gesmul het nie.

Dit volg ná ’n video wat landwyd opslae gemaak het, wat kwansuis wys hoe net ’n paar happies van dié Paasbolletjies jou ’n positiewe alkohol-lesing kan gee.

Die video wys hoe ’n verkeersbeampte van die Nelson Mandelabaai-metro se bloedalkoholvlak binne minute nadat hy ’n paar happies van ’n Paasbolletjie vat van 0,00 tot 0,21 g/100 ml styg. Die wettige perk is 0,05 g/100 ml.

Checkers, wat intussen oorval is met navrae oor sy Paasbolletjies, sê in ’n verklaring hul resep bevat geen alkohol nie en hulle vermoed die lesing is waarskynlik weens die gis en vrugte.

Simon Zwane, woordvoerder vir die RTMC, sê die spesifieke instrument in die video word as ’n siftingstoets gebruik.

Volgens Zwane is dit “standaard praktyk” om verdere toetse op enigiemand te laat doen wat met die spesifieke apparaat positief vir alkohol getoets word.

Die apparaat in die video toets volgens Zwane hoeveel alkohol in ’n persoon se mond is eerder as die algehele bloedvlak in hul liggaam, en is daarom onvoldoende bewyse om iemand van dronkbestuur aan te kla.

Die betrokke apparaat word gebruik om te sif vir moontlike dronkbestuurders. Enigeen wat só positief toets moet daarna twee keer met ’n apparaat bekend as ’n EBAT-masjien getoets word om die uitslag te bevestig, met die twee toetse binne 15 tot 20 minute uitmekaar.

Die EBAT-masjiene word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Metrologie-instituut (NMISA) vir akkuraatheid gekalibreer en is só akkuraat dat ’n bloedtoets onnodig is.

Zwane sê dit is jammer dat hierdie video juis voor die langnaweek wanneer hoë verkeersvolumes verwag word kop uitgesteek het, maar die geldigheid en akkuraatheid van die EBAT-masjiene bly onbetwisbaar.

 

Meer oor:  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Alkohol  |  Dronk  |  Paasbolletjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.